Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid: Groep tussen 50 en 60 net so vatbaar

Inligting oor wanneer die ouderdomsgroep tussen 40 tot 60 Covid-19-inentings sal ontvang, is nog skraps, maar volgens ’n kenner is dit broodnodig dat ook hulle ingeënt word.

Die inentings vir mense ouer as 60 het in Mei vanjaar begin, terwyl inentings vir onderwysers Woensdag begin het.

’n Inenting word toegedoen by die Milpark-hospitaal in Johannesburg. Foto: Argief

Dr. Cloete Jansen van Vuuren, hoof van die departement interne geneeskunde by 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, sê die volgende groep wat geprioritiseer moet word, is dié tussen 50 en 60.

Volgens hom word mense in die ouderdomsgroep net so gereeld gehospitaliseer soos mense tussen 60 en 70.

Volgens Mediclinic se syfers was sowat 800 mense in elk van hierdie ouderdomsgroepe sedert die begin van die jaar in sy hospitale.

Die sterftesyfer onder die twee groepe is ook byna dieselfde.

“Die groot verskil is dat die mense tussen 50 en 60 ’n veel groter deel van die bevolking is as diegene ouer as 60. Wat ons vra, is dat as die mense ouer as 60 nie opdaag nie, ent solank die volgende groep in eerder as dat die entstof op die rak staan,” sê Jansen van Vuuren.

Prof. Susan Goldstein, ’n kenner in openbare gesondheid aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), meen egter daar moet eerder op mense met onderliggende siektes gefokus word wanneer almal bo 60 ingeënt is.

“Die ideaal sal wees om dit bloot vir almal oop te stel, maar daar is nie genoeg entstowwe nie. Dit terwyl die Noordelike Halfrond besig is om kinders in te ent wat dit nie eintlik nodig het nie,” sê Goldstein.

Die groot verskil is dat die mense tussen 50 en 60 ’n veel groter deel van die bevolking is as diegene ouer as 60. Wat ons vra, is dat as die mense ouer as 60 nie opdaag nie, ent solank die volgende groep in eerder as dat die entstof op die rak staan.

Prof. Florette Treurnicht, hoof van virologie by Wits, stem met Goldstein saam.

Sy sê werkers by die inentingspunte vra in elk geval ’n mens se mediese agtergrond en lys van medikasie wat jy gebruik voor hulle jou inent.

“Daarom is dit nie logistiek onmoontlik om dit te doen nie,” sê Treurnicht.

Na wat verneem word sal daar voor die einde van die week ’n aankondiging oor die inentings van die volgende ouderdomsgroep gemaak word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.