Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid: Skielike styging in Gauteng ‘nie rede tot kommer’

Daar is nog nie rede tot kommer oor die skielike styging in die daaglikse getal bevestigde koronavirusgevalle in Gauteng nie, sê kenners.

Dit het van Dinsdag se 2 324 gevalle meer as verdubbel tot 5 204 Woensdag.

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, sê die onlangse onluste en koue weer kon tot die styging bygedra het.

Mense het nie tydens die onluste ’n veilige afstand van mekaar gehandhaaf en maskers gedra nie en die koue weer het mense na binne gedwing, waar ventilasie min is.

Dit is nie rede tot kommer nie, maar Gautengers moet aanhou om waaksaam te wees en die maatreëls gehoorsaam.
Prof. Bruce Mellado

“Ons gaan die res van die week se data en die data van vroeg volgende week nodig hê om te kan sê of daar ’n definitiewe styging is,” sê Coetzee.

Sy voorspel wel ’n skerp toename in gevalle, maar verwag nie dat dit so baie sal wees soos tydens die piek van die derde vlaag nie.

Coetzee sê die derde vlaag se druk op hospitale en veral op waakeenhede het egter nog nie afgeneem nie.

Prof. Bruce Mellado, hoofmodelleerder van die Gautengse Covid-19-bevelsraad, sê hulle hou die getalle met ’n valkoog dop. Data vir Donderdag en Vrydag – met ander woorde data wat Vrydag en Saterdag bekend gemaak word – sal aandui of die provinsie weer ’n oplewing het.

Hy sê ’n skielike, eenmalige styging is normaal in ’n pandemie.

Volgens Mellado is een van die moontlike redes hiervoor ’n bottelnek in die aanmeldingsketting, onder meer omdat dit lank duur om toetse te verwerk.

“Dit is nie rede tot kommer nie, maar Gautengers moet aanhou om waaksaam te wees en die maatreëls gehoorsaam,” sê Mellado.

Prof. Susan Goldstein, ’n kenner in openbare gesondheid verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê ook daar is nog data nodig voordat dit as ’n oplewing beskou kan word.

Goldstein sê die rede vir die styging kan doodeenvoudig wees dat meer mense hulle op ’n bepaalde dag laat toets het omdat dit byvoorbeeld ’n warmer dag was.

“Ons sal moet wag vir die week se gemiddelde voordat ons enige afleidings kan maak,” sê Goldstein.

Meer oor:  Prof. Bruce Mellado  |  Dr. Angelique Coetzee  |  Gauteng  |  Covid-19  |  3De Vlaag  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.