Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 eis die lewens van 2 bejaarde Suid-Afrikaners

Die Covid-19-virus het die lewe van nog twee Suid-Afrikaners geëis wat die sterftesyfer nou tot op 11 te staan bring.

Die departement van gesondheid het Sondagaand die syfers in ’n verklaring bekend gemaak.

Luidens die verklaring het 1 655 Suid-Afrikaners nou positief vir die virus getoets, 70 meer as die syfers wat Saterdag bekend gemaak is.

“Die een oorledene is ’n 82-jarige vrou wat op 29 Maart in die hoësorgeenheid opgeneem is. Sy was kortasem en het koors, lyfseer, 'n droë hoes en seer keel gehad. Sy het voor die virus ook aan hipertensie, diabetes en cholesterol gely,” aldus die verklaring.

Volgens die verklaring was sy van die Wes-Kaap.

Die ander slagoffer is ’n 86-jarige man van KwaZulu-Natal wat op 26 Maart vir brongitis en respiratoriese angs opgeneem is.

Luidens die verklaring het hy aan ’n onderliggende chroniese lugwegsiekte gely.

Dit is nog onseker waar die oorledenes die virus opgedoen het.

Die departement het sy medelye met hul families uitgespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.