Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Cradock se melkboere help voedingskema

Melkboere in die Cradock-distrik het die Cradock Gemeenskapsforum se voedingskema ’n reusehupstoot gegee deur te beloof om voortaan elke maand R70 000 se melk te skenk.

Volgens ’n woordvoerder van dié groep het die boere besluit om saam te span om verligting te bied in hierdie tye waar soveel mense werklik nie kos vir hulle gesinne kan voorsien nie.

Werkers in ’n melkstal in die Cradock-distrik is reeds sedert die begin van inperking getrou op hul pos. Foto: Verskaf

“Die besluit is deur Cradock se melkboere geneem omdat ons glo dat almal saam ’n verskil in die nood van mense kan maak. Dit is ’n voorreg vir ons wat betrokke is in die melkbedryf om vars melk te kan skenk en ons deel by te dra om die nood van mense te verlig. Om die waarheid te sê ons voel geseënd dat ons tydens die pandemie die voorreg het om ander te kan help,” het hul woordvoerder gesê.

Die melkboere wil ook die kommer van hul werkers, wat hulle voortdurend vertel het van die groot nood vir basiese voedsel onder werkloses en ingeperktes, uitlig.

“Omdat dit onmoontlik is om as individue ’n verskil te maak, het ons melkboere besluit om saam te staan sodat ons verligting op ’n heel groter skaal kan bring. Dit was vir ons ook belangrik om ’n betroubare organisasie te betrek sodat ons kan weet dat ons bydrae regverdig uitgedeel sal word aan dié wat dit die nodigste het,” het die woordvoerder gesê.

Cradock se melkboere vertrou dat hulle skenking ander gemeenskappe sal aanmoedig om dieselfde te doen in hierdie uitsonderlike tyd waarin ons tans woon.

Meer oor:  Cradock  |  Melkboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.