Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Cyril hou virtuele vergadering oor inperking
Pres. Cyril RamaphosaFoto: CITY PRESS

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag ’n virtuele vergadering met die presidensiële koördineringsraad uit sy private huis in Johannesburg gehou om onder meer die vordering en probleme met die implementering van die nasionale staat van inperking te bespreek.

Op dié vergadering, waaraan onder meer adj.pres. David Mabuza, verskeie ministers, premiers en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings deelgeneem het, is strategieë vir die land se ekonomiese herstel ook bespreek.

Ramaphosa het in ’n video wat hy op Twitter geplaas het, gesê die jongste verwikkelinge met die staat van inperking was hoog op die agenda.

Ons het ook as die nasionale bevelsraad vir die korona-pandemie vergader en weet dat daar op provinsiale vlak ook bevelsrade gestig is. Ek, die adjunkpresident en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma (minister van samewerkende regering en tradisionele sake) het gemeen ons moet so ’n vergadering hê,

“Ons het ook as die nasionale bevelsraad vir die korona-pandemie vergader en weet dat daar op provinsiale vlak ook bevelsrade gestig is. Ek, die adjunkpresident en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma (minister van samewerkende regering en tradisionele sake) het gemeen ons moet so ’n vergadering hê,” sê Ramaphosa in die video.

Besluite wat op die vergadering geneem is, is teen Saterdagmiddag nog nie bekend gemaak nie.

* Intussen het die Afrika-unie (AU) Saterdag ook bekend gemaak dat Ramaphosa in sy hoedanigheid as AU-voorsitter Vrydag ook ’n tweede telekonferensie van staats- en regeringshoofde byeengeroep het om die kontinent se reaksie op die koronavirus-pandemie verder te bespreek.

Ander presidente wat deelgeneem het, was Abdel Fattah al Sisi van Egipte, Ibrahim Keita van Mali, Uhuru Kenyatta van Kenia, Felix Tshisekedi van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Paul Kagame van Rwanda, Macky Sall van Senegal en Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe.

Abiy Ahmed, eerste minister van Ethiopië, het ook deelgeneem aan die telekonferensie waar dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, dr. John Nkengasong, direkteur van die Afrika-sentrum vir siektebeheer en -voorkoming (ASBV), en pres. Emmanuel Macron van Frankryk ook voorleggings gedoen het.

Nkengasong het onder meer gepraat oor die infeksievlakke wat vinnig styg in Afrika, terwyl Ghebreyesus die belangrikheid van spoedige optrede op die kontinent in terme van toetse en die beskikbaarstelling van mediese voorraad en toerusting beklemtoon het.

Die staatshoofde het ook die ongekende bedreiging uitgelig wat Covid-19 inhou vir die gesondheid van mense in Afrika, asook vir die kontinent se hard gewonne ontwikkelings- en ekonomiese winste

“Die staatshoofde het ook die ongekende bedreiging uitgelig wat Covid-19 inhou vir die gesondheid van mense in Afrika, asook vir die kontinent se hard gewonne ontwikkelings- en ekonomiese winste.

“Hulle het ook die noodsaaklikheid erken om ’n humanitêre en handelskorridor in ’n gees van Afrika-solidariteit en integrasie te stig.”

Luidens ’n AU-verklaring het die staatshoofde hul tevredenheid uitgespreek oor die vordering wat gemaak is sedert die AU se Covid-19-reaksiefonds op 26 Maart gestig is. Lede het gesamentlik $12,5 miljoen daarvoor beloof en $4,5 miljoen vir die ASBV.

Die staatshoofde het ook die behoefte vir vinniger en konkrete ondersteuning deur internasionale vennote soos die G20-lande, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds benadruk.

Daar is ook gevra vir ’n omvattende stimulus-pakket vir Afrika wat moet inlsuit die uitstel van terugbetalings op die lande se skuld om fiskale ruimte te kan skep vir die stryd teen die virus.

Die spoedige optrede van Ahmed, die Jack Ma-stigting, die Wêreldvoedselprogram en die ASBV wat meer as ’n miljoen diagnostiese toetse, 6 miljoen maskers en 600 000 persoonlike beskermingstoerusting-items in minder as ’n week in alle AU-lande versprei het, is ook geloof.

Daar is ook vir die onmiddellike opskorting van alle ekonomiese sanksies teen Zimbabwe en Soedan gepleit sodat hulle die virus doeltreffend kan beveg.

Die staatshoofde het ook Macron en China ook geloof vir hul steun aan Afrika.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.