Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
'Ons het styging in infeksies verwag' – Cyril
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Lecrecia Prins

Ondanks die kommerwekkende styging in koronavirus-infeksies in Gauteng en die Oos-Kaap, is daar nog nie sprake van teruggaan na strenger inperkings nie, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy was Vrydag saam met dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en verskeie ander ministers in Mbombela, Mpumalanga, waar hulle dié provinsie se gereedheid vir die Covid-19-pandemie geassesseer het.

Die president is in die Rob Ferreira-hospitaal gevra oor die moontlikheid dat die streng vlak 4- en vlak 5-inperkings weer oorweeg sal word noudat die getalle so vinnig styg en daar sprake is dat hospitale se waakeenhede al hoe voller raak.

Ramaphosa het geantwoord dat die stygende infeksies nie onverwags is nie.

“Ons het verwag dit sal gebeur soos ons na die piek van die pandemie beweeg. Die getalle het eers skerp gestyg in die Wes-Kaap en dit word ook nou in Gauteng en in die Oos-Kaap gesien.”

Hy het bygevoeg dat daar binne 48 uur meer hospitaalbeddens in Gauteng en in die Oos-Kaap sal wees.

Gauteng se koronavirus-bevelsraad het ook Vrydag vergader en sal ’n aantal inisiatiewe aan die nasionale bevelsraad voorlê oor wat in Gauteng gedoen moet word.

As nasionale bevelsraad sal ons daarna luister en ons sal die situasie in Gauteng, die Oos- en Wes-Kaap deeglik bestudeer met die oog op die beste reaksie op die situasie daar.

“As nasionale bevelsraad sal ons daarna luister en ons sal die situasie in Gauteng, die Oos- en Wes-Kaap deeglik bestudeer met die oog op die beste reaksie op die situasie daar.”

Ramaphosa het gesê daar is wel vroeër gepraat oor ’n strenger inperking wat teruggebring kan word as die situasie buite beheer raak. Dit is een van die instrumente wat gebruik is om die kurwe in die land af te plat.

“Die instrument wat ons nou gebruik, is die handhawing van gesonde afstande, die dra van maskers en die was en ontsmetting van hande. Mense moet hul gedrag verander en daaraan voldoen.

“Buiten vir ’n entstof, is dit die bekendste manier om ’n styging in infeksies te keer.

“Ons oorweeg dit egter nie nou om nog ’n harde inperking in te stel nie.”

Wat die situasie in Mpumalanga betref, het hy gesê hy is tevrede met die reaksieplanne en met die provinsie se planne vir die herstel van die ekonomie.

In dié provinsie is tot dusver 1 478 positiewe gevalle of 0,8% van die nasionale gevalle aangeteken. En 520 mense het reeds herstel. Daar was sewe sterfgevalle.

Die president het gesê die regering is baie bekommerd oor die verlies aan werk weens die pandemie, maar planne word gemaak om dit teen te werk.

Ons moet ’n delikate balans handhaaf om mense se lewe en hul lewensbestaan te red.

“Ons moet ’n delikate balans handhaaf om mense se lewe en hul lewensbestaan te red.”

Ramaphosa het werkgewers wat Covid-19-verligtingsgeld vir hul werkers van die Werkloosheidsversekeringsfonds geëis het sonder om dit aan hulle oor te betaal, gewaarsku dat ondersoeke daaroor kom en dat die skuldige werkgewers in baie groot moeilikheid gaan wees.

Wat oorvol hospitale betref, was daar vrae oor die waarskynlikheid dat Covid-19-pasiënte van die een provinsie na hospitale in ’n ander oorgeplaas sal word.

Mkhize het gesê as bykomende hospitaalbeddens in ’n bepaalde gebied benodig word, sal dit binne 48 gekry word. “Ons sal selfs markiestente gebruik. Dit is wat nou in Gauteng gebeur.”

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Zweli Mkhize  |  Mbombela  |  Mpumalanga  |  Inperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.