Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Cyril skerp gekap oor entstofprogram

“Die pa het die familie in die steek gelaat.”

Dit was Dinsdagaand Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit-beweging, se reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat Suid-Afrika nou sal terugkeer na vlak 3 van die nasionale staat van inperking.

Suid-Afrika se inentings is tien keer minder as die gemiddeld van die wêreld.
Flip Buys

Dié strenger inperking word ingestel in ’n poging om die land se derde vlaag van infeksies van die koronavirus in bedwang te bring.

Van die regulasies wat nou weer ingestel is, sluit in ’n vervroegde aandklokreël en beperkings op die aantal mense wat byeenkomste mag bywoon, asook op die verkoop van alkohol.

Buys sê in ’n verklaring hy is veral bekommerd oor die land se entstofprogram wat sloer. Die regering moet aanspreeklikheid aanvaar vir die “katastrofiese gevolge” van die derde golf van infeksies.

“Die entstofprogram is ’n totale mislukking. Suid-Afrika se inentings is tien keer minder as die gemiddeld van die wêreld. In al dié tyd is geen nuwe kapasiteit geskep nie. Daar is inteendeel minder kapasiteit as met die vorige vlae,” sê hy.

Hy sê inperkings wat nou deur die regering ingestel word, is ’n desperate poging om ’n krisis wat deur die regering se eie onbeholpenheid geskep is, te bestuur. “Dit was nie ’n familievergadering van ’n pa wat omgee nie. Die pa het die familie in die steek gelaat. In dié stadium lyk dit selfs asof die regering nie eens entstofverligting vir die vierde vlaag gereed gaan hê nie,” sê hy.

Volgens die jongste data het Suid-Afrika nog net 1,87 miljoen mense teen die koronavirus ingeënt.

Buys was nie die enigste een wat Dinsdagaand uitgevaar het teen die land se enstofprogram nie.

Sommige mense sal met hul lewe betaal vir die regering se mislukkings. Ander sal geliefdes verloor.
John Steenhuisen

John Steenhuisen, leier van die DA, sê “die inperkings wat Ramaphosa aangekondig het, is nodig omdat sy regering versuim het om ’n doeltreffende inentingsprogram te implementeer”.

Hy sê ook in ’n verklaring as die regering betyds entstowwe gekry het, sou mense meer beskermd gewees het tydens die derde vlaag van infeksies.

“Maar nou gaan Suid-Afrikaners onnodige verliese ly. Sommige mense sal met hul lewe betaal vir die regering se mislukkings. Ander sal geliefdes verloor. Talle sal ook hulle lewensbestaan verloor,” sê Steenhuisen. “Almal se lewe sal ontwrig word.”

Die politieke party Good sê die regering se stadige entstofprogram is die rede vir waarom die land tans ’n derde vlaag van infeksies ervaar. “Ons het verskeie terugslae met die entstofprogram gehad. Dit plaas die kollig baie stewig op die wêreldwye beperkings op toegang tot entstowwe. Dit is ’n mensereg om toegang tot entstowwe te hê,” sê die party in ’n verklaring.

Dit wys op die eerste tekens van sy gesprekke met (Joe) Biden oor die naweek.
Theo Venter

Ramaphosa het Dinsdagaand ook aan die nasie verduidelik wat die jongste situasie is en het erken die land het verskeie terugslae beleef.

Die politieke ontleder Theo Venter het Dinsdagaand gesê dit is uiters belangrik dat Ramaphosa die land op die hoogte van sake bring oor die beskikbare entstowwe.

“Dit wys op die eerste tekens van sy gesprekke met (Joe) Biden oor die naweek,” sê Venter. Ramaphosa en Biden was albei verlede naweek op die G7-beraad in Engeland.

Venter sê hy is tevrede met die aankondiging oor strenger inperkings. “Dit was nodig. Die virus is nou oral en mense kan name by gevalle sit. Die mense moet nou net gehoor gee daaraan,” sê hy.

Meer oor:  Flip Buys  |  Theo Venter  |  Cyril Ramaphosa  |  John Steenhuisen  |  Covid-19  |  Entstowwe  |  Entstofprogram  |  Inperking  |  Pandemie  |  Vlak 3  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.