Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Daaglikse Covid-19-gevalle begin afneem

Dit lyk of die nuwe koronavirus-infeksies in die land tans effens afplat nadat die bewegende gemiddelde oor sewe dae afgeneem het.

Hoewel meer gevalle wel Dinsdag as Maandag aangemeld is, was dit steeds minder as die gemiddelde getal nuwe gevalle per dag in die voorafgaande sewe dae.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Dinsdag 12 537 nuwe gevalle aangemeld. Dit is meer as Maandag se 11 182, maar minder as die voorafgaande sewe dae se gemiddeld van 18 344 gevalle.

Op 10 Julie is 21 610 gevalle aangemeld. Dié syfer op die daaropvolgende dae was 16 302, 11 182, en 12 537.

Prof. Sabhir Madhi, dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe van die Universiteit van die Witwatersrand, sê die afname in die gemiddeld oor sewe dae is hoofsaaklik as gevolg van die afname in die daaglikse aanmeldings van nuwe infeksies in Gauteng.

Vanaf 10 Julie is daagliks 10 770, 8 543, 5 614 en 6 316 positiewe Covid-19-gevalle in Gauteng aangemeld.

Die kumulatiewe getal bevestigde Covid-19-gevalle in die land staan tans op 2 219 316, met ’n positiwiteitskoers van 24,2%.

Altesame 65 142 mense het reeds aan die virussiekte gesterf. Dinsdag is 633 sterfgevalle aangemeld.

Gauteng het Dinsdag die meeste aantal nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, wat 50% van alle nuwe infeksies uitmaak, gevolg deur die Wes-Kaap (14%). Die nuwe gevalle in KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes het elk 7%, en die Oos-Kaap en Mpumalanga het onderskeidelik 5% daarvan uitgemaak.

Net 4% van die nuwe aanmeldings het in die Vrystaat en net 1% in die Noord-Kaap voorgekom.

Tot dusver is 13 989 268 Covid-19-toetse gedoen – 56% daarvan in die private sektor.

Dinsdag is 144 331 mense ingeënt en die totale inentings staan tans op 4 535 222, wat 7,55% van die land se bevolking verteenwoordig.

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.