Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: DAG 100: Infeksies styg met 10 853 tot 187 977; sterftes met 74 tot 3 026

Op dag 100 van die nasionale staat van inperking is byna 3 000 mense in Suid-Afrika reeds aan Covid-19 dood.

Volg die jongste verwikkelinge hier.

05 Jul. 00:17:27

05 Jul. 00:12:05

Kumulatiewe getal Covid-19-gevalle in SA: 187 977;

Getal sterftes: 3 026;

Herstelsyfer: 91 227

05 Jul. 00:10:26

Die departement van gesondheid het om middernag die jongste Covid-19-syfers bekend gemaak.

Daar is nóg 'n 74 mense dood wat die sterftesyfer op 3 026 te staan bring.

10 853 nuwe gevalle is aangemeld; daar is altesame 187 977 gevalle tot dusver aangemeld.

05 Jul. 00:08:13

04 Jul. 22:52:24

WGO staak toetse van Trump se 'wen-kuur'

Die Wêreldgesondheidsorganisasie gaan sy kliniese toetse vir die gebruik van hidroksichlorokien en lopinavir-ritonavir-kombinasie as behandeling vir gehospitaliseerde Covid-19-pasiënte staak.

Hidroksiclorokien, ’n malariamiddel, is vroeër deur pres. Donald Trump van Amerika geloof as die moontlike “wedstryd-wenner” in die stryd teen die pandemie.

Die toetse is aanvanklik deur die WGO begin in die soektog na ’n doeltreffende behandeling teen Covid-19 vir gehospitaliseerde pasiënte, maar dit word nou gestaak, het ’n verklaring Saterdagaand gelui.

Die aankondiging kom nadat tussentydse resultate van die kliniese toetse daarop gedui het dat vergeleke met standaard behandeling, dié middels min of geen verandering teweegbring op die oorlewingskoers van gehospitaliseerde Covid-19-pasiënte nie.

Dit volg ook kort op die hakke van ’n studie in die invloedryke vakjoernaal The Lancet waarvolgens groot risiko’s verbonde aan die malaria-middel uitgewys word.

Die WGO het toe die proefnemings gestaak omdat data getoon het die risiko’s vir gehospitaliseerde pasiënte is net te groot. Ná kritiek uit alle oorde, is die navorsing hervat.

Luidens die WGO se verklaring Saterdagaand het die resultate egter geen konkrete bewyse van ’n verhoogde oorlewingskoers verskaf nie.

Die WGO se besluit om die kliniese toetse te staak, geld slegs pasiënte in hospitale. Die besluit sal nie die moontlike evaluerings van ander studies beïnvloed waar hidroksichlorokien of lopinavir-ritonavir gebruik word vir pasiënte wat nie gehospitaliseer is nie, of as voorbehoeding teen Covid-19 gebruik is nie.

Die aankondiging kom terwyl 10 922 324 gevalle van mense met die koronavirus wêreldwyd by die WGO aangemeld is, en 523 011 mense al aan die virussiekte dood is.

In Suid-Afrika is 177 124 infeksies aangemeld en 2 952 sterftes.

04 Jul. 21:50:22

04 Jul. 21:37:18

04 Jul. 20:20:35

Spanjaarde in Katalonië weer ingeperk

Die Spaanse streek van Katalonië het 200 000 mense weer ingeperk, luidens berigte.

Dit is toe te skryf aan 'n skerp styging in infeksies in die streek.

Die meeste van die infeksies het begin onder seisoenale vrugteplukkers en sowat 350 infeksies is die laaste week in die streek aangemeld.

'n Streng aanklokreël in Spanje is vroeër afgelas.

04 Jul. 19:35:07

04 Jul. 18:44:56

Jongste infeksies in Wes-Kaap – só lyk dit in jou streek

Die Wes-Kaap het sy jongste infeksiesyfer bekend gemaak.

67 351 Covid-19-gevalle is tot dusver in die provinsie aangemeld waarvan 1 156 in die laaste 24 uur was.

Altesame 49 362 mense het al herstel. Die dodetal staan nou op 2 014

 

Per streek is die infeksies as volg:

Tygerberg: 8 407

Khayelitsha: 6 687

Klipfontein: 6 422

Mitchells Plain: 5 491

Die metropool:

Suid: 5 770

Wes: 5 523

Oos: 5 928

Noord: 3 868

 

Res van die provinsie:

Drakenstein: 2 637

Witzenberg: 718

Stellenbosch: 1 086

Breedevallei: 1 626

George: 755

Swartland: 584

Knysna: 213

Mosselbaai: 263

Saldanha: 674

Overstrand: 648

Theewaterskloof: 451

* Nie in streek ingedeel nie: 8 403

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.