Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 101: 4 031 van 8 773 nuwe gevalle in Gauteng aangemeld

Op dag 101 van die staat van inperking is meer as 3 199 mense in Suid-Afrika reeds aan Covid-19 dood.

Die jongste Covid-19-syfers: 

  • Daar is nóg 173 mense dood, wat die sterftesyfer op 3 199 te staan bring.
  • 8 773 nuwe gevalle is aangemeld; waarvan 4 031 in Gauteng aangemeld is.
covid-19, 5 julie

Volg die jongste verwikkelinge hier.

05 Jul. 21:34:29

05 Jul. 20:58:25

Volgens corona-scanner.com is 100 236 mense in Suid-Afrika tans met die koronavirus besmet. 

05 Jul. 20:55:27

05 Jul. 20:40:40

Gauteng se infeksiesyfer styg

Van die 8 773 nuwe gevalle is 4 031 in Gauteng aangemeld. 

05 Jul. 20:39:33

05 Jul. 20:38:59

Infeksiekoers

Gauteng is soos dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, verlede week gewaarsku het, vinnig besig om die Wes-Kaap as episentrum van die land in te haal.

Die Wes-Kaap is steeds die provinsie met die meeste gevalle (69 531), gevolg deur Gauteng (63 404) en die Oos-Kaap (35 648)

05 Jul. 20:35:39

Sterftesyfers

'n Bykomende 173 sterftes is sedert Saterdag aangemeld. Van dié sterftes was 2 van die Noord-Kaap, 10 van die Vrystaat, 21 van KwaZulu-Natal, 29 van die Oos-Kaap, 40 van die Wes-Kaap en 71 van Gauteng. 

05 Jul. 20:32:46

Jongste syfers in SA

8 773 nuwe infeksies is aangemeld, die getal kumulatiewe infeksies in SA is nou 196 750. 

Die sterftesyfer het met 173 toegeneem tot 3 199. 

05 Jul. 20:29:25

05 Jul. 19:12:19

"Indien jou kind in 'n privaat skool is, het hulle 'n ooreenkoms met daardie instellings. Ouers moet die regering help om te sorg dat hul kinders nie agtergelaat word in die skoolstelsel by sulke instellings nie. Ek vra dit nederig. Ons grootste versoek is dat ouers met die regering moet saamwerk soos wat die kinders stelselmatig terugkeer skool toe.

"Dieselfde geld vir skoolvervoer. Ouers moet seker maak dat daar aan die gesondheidsregulasies met private vervoer voldoen word. Motshekga daar sal ook met die relevante departemente gepraat word om te bepaal of daar skuiwergate in die regulasies is, veral rakende onderliggende siektetoestande by onderwysers." 

Motshekga sê haar departement werk met die provinsies saam wat nog nie gereed is om die ander leerlinge terug te verwelkom nie. 

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.