Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 103: Covid-19 eis talle in Kaapse aftree-oorde

Dit is dag 103 van die nasionale staat van inperking.

  • Nadat 8 971 nuwe gevalle Maandag in Suid-Afrika aangemeld is, is minstens 205 721 mense reeds positief getoets.
  • Die regulasies vir kontak- en niekontaksport, biblioteke, argiewe, museums, galerye, filmteaters en teaters is Maandagaand in die Staatskoerant afgekondig. Lees meer: Regulasies vir sport en kultuur bekend
6 Julie

Hier volg die jongste verwikkelinge.


07 Jul. 22:08:53

Só gaan die res van die leerlinge terug skool toe

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Dinsdag nuwe regulasies vir die terugkeer van die oorblywende leerlinge na skole in die Staatskoerant gepubliseer.

Leerlinge in gr. R, gr. 6 en gr. 11 was Maandag weer op die skoolbanke, terwyl leerlinge in gr. 7 en matrieks reeds ’n maand gelede teruggekeer het.

Die gefaseerde terugkeer van leerlinge en onderwysers is soos volg:

Lees verder
07 Jul. 21:29:10

eNCA-man dood aan Covid-19

Michael “Mike” Wilson, ’n grafiese kunstenaar by die nuuskanaal eNCA is dood aan Covid-19.

“Hy is op 30 Junie in die hospitaal opgeneem met Covid-19-simptome nadat hy moontlik aan die virus blootgestel is.

"Sy toetsuitslae het op Donderdag, 2 Julie bevestig dat hy wel Covid-19 het.

"Hy is Maandag in die hospitaal dood," het eNCA in ’n verklaring gesê.

Volgens Jody Jacobs, bedryfsbestuurder by eNCA, het Mike in Augustus 2006 by die nuuskanaal in Johannesburg aangesluit.“

Hy sal onthou word vir sy droë sin vir humor en sy aangename geaardheid. Sy teenwoordigheid in die nuuskantoor sal gemis word.

"Ons gedagtes is saam met sy verloofde, Reinette, familie en vriende in hierdie moeilike tyd,” het Jacobs gesê.

07 Jul. 20:30:07

07 Jul. 20:14:50

Covid-19 eis talle in Kaapse aftree-oorde

Meer as 24 mense is die afgelope ruk in Kaapse aftreeoorde aan Covid-19 dood.

By die Oude Westhof-aftreeoord in Bellville was daar onlangs ’n groot uitbreking van die siekte en is 14 inwoners dood.

Al die personeellede wat positief getoets is, het egter herstel, sê ’n woordvoerder van die aftreeoord by navraag.

By Huis Ebenhaeser in Cloetesville, Stellenbosch, is 11 inwoners dood, 39 inwoners het herstel en 18 wag op die uitslag van hul toetsresultate, sê Ciunza Lukusa Valdaise, bestuurder van die tehuis.

46 is tot dusver positief getoets.

Lees die volledige berig
07 Jul. 18:46:35

07 Jul. 18:40:36

Premier van Noordwes toets positief

Job Mokgoro, premier in die Noordwes, het Dinsdag op ’n virtuele vergadering van die provinsiale uitvoerende raad bekend gemaak dat hy positief vir die koronavirus getoets is

“Premier Mokgoro het gister (Maandag) die Covid-19-toets ondergaan ná die dood van Mothibi Gordon Kegakilwe, LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake.

“Hy het vandag die resultate gekry wat bevestig dat hy positief getoets is vir die virus,” het Vuyisile Ngesi, die premier se woordvoerder, Dinsdag gesê.

Volgens Ngesi het die 72-jarige Mokgoro geen ander simptome getoon behalwe dat hy gehoes het nie. Die premier sal sy pligte voortsit terwyl hy in isolasie is.

07 Jul. 16:18:49

Gesondheidswerkers in Gauteng sterf

Vyf gesondheidswerkers in Gauteng is sedert die begin van die staat van inperking aan Covid-19 dood, sê Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid.

Hy het Dinsdag in Midrand gepraat by ’n prysuitdeling vir gesondheidswerkers wat in die voorste linies teen die dodelike virus veg. 13 gesondheidswerkers is vereer.

Lees meer hier
07 Jul. 16:14:38

07 Jul. 15:14:26

Amptenare van gesondheidsdepartement toets positief

Vier amptenare van die departement van gesondheid is positief getoets vir Covid-19.

Onder die vier is een werknemer van die minister se kantoor en drie departementele werkers.

Die departement sê die werknemers was nie in kontak met dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, of sy adjunk, dr. Joe Phaahla, nie.

07 Jul. 15:08:47

70% van Amerikaners vertrou eerder goewerneurs as Trump

Sewe uit tien Amerikaners sê hulle vertrou hul onderskeie goewerneurs om besluite te maak oor die heropening van die ekonomie en nie vir pres. Donald Trump nie.

Dit is die gevolgtrekking van 'n peiling wat deur NBC News gedoen is.

Tot 55% van Amerikaners is heeltemal ontevrede oor die wyse waarop Trump die pandemie bestuur het, volgens die peiling.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.