Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 104: Virus het nou 'naam, adres, gesig', sê Mkhize

Dit is dag 104 van die nasionale staat van inperking.

Die jongste amptelike syfers soos laat Dinsdagaand deur dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, bekend gemaak: 

7 Julie

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, spreek Woensdag die Nasionale Vergadering toe oor die impak van die pandemie.


Volg die jongste verwikkelinge hier.

08 Jul. 20:27:46

08 Jul. 19:07:04

Tshwane gereed vir moontlike styging in sterftes

In wat hy as ’n “ongemaklike situasie” beskryf het, het Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid, Woensdag by die Honingnestkrans-begraafplaas in Pretoria gaan kyk na massagrafte wat voorberei word vir ingeval die dodetal in die provinsie baie erg styg.

Masuku het gesê die provinsie het plek beskikbaar vir meer as 1,5 miljoen grafte en die Honingnestkransbegraafplaas kan tot 36 000 grafte hanteer in geval van ’n skielike styging in die dodetal.

Lees die volledige berig
08 Jul. 18:51:26

Covid-19 eis ANC-LPW in KZN

Covid-19 het ’n ANC-LPW en voorsitter van die portefeuljekomitee oor samewerkende regering in KwaZulu-Natal geëis.

Volgens die provinsiale regering is Ricardo Mthembu Woensdag in ’n hospitaal aan Covid-19 dood.

Sihle Zikalala, KwaZulu-Natalse premier, spreek in ’n verklaring namens die provinsie se uitvoerende komitee sy medelye teenoor Mthembu se naasbestaandes uit.

“Ons het ’n comrade en ’n broer verloor. Dit gaan moeilik wees om in die verlede tyd oor hom te praat,” sê Zikalala in die verklaring.

Mthembu was ook ’n voormalige burgemeester van die KwaDukuza-munisipaliteit.

08 Jul. 17:04:35

Só lyk die jongste syfers in Gauteng

08 Jul. 16:54:31

Mikhize gaan verder en sê: Swart mense en armes gaan die ergste geraak word deur die pandemie. Dit is belangrik om nie mislei te word nie soos die EFF. Hulle moet bewus wees dat die inperking ingestel is om die meerderheid van ons mense te beskerm.

Die maatskaplike verligting is aan die meeste swart en arm mense gegee.

Onder die meer as 1,9 miljoen toetse wat gedoen is, was die meeste mense swart.

Die veldhospitale en meer hospitaalbeddens wat ons in plek wil kry, is vir die meerderheid swart mense. So ons moet nie die situasie op grond van ras wil verdeel nie. Die kind wat in isolasie verkrag is, is baie onaanvaarbaar. Ons sal dit ondersoek.

Net soos die pasiënt wat gesê het dat hy nie kos vir 48 ure in 'n hospitaal gekry het nie. Dit is almal kritieke kwessies vir ons. Dit sal ondersoek word.

Ons is leiers en kan onder mekaar baklei. Maar ons almal moet saamwerk teen die pandemie wat nog vir die res van die jaar en volgende jaar met ons gaan wees. Ons moet aanpas en met dit in ons werksplekke en skole leef. Ons sal veranderinge in skoolprogramme en roosters moet maak. Ons sal nie verskillend van die res van die wêreld wees nie.

Ons sal sien wat die beste is vir ons om die pandemie te bestry. Maar ons moet saamwerk en dieselfde boodskap uitstuur. Voorkoming is die beste ammunisie wat ons teen die pandemie het. Ons sal almal ondersteun wat die siekte het. Ons sal seker maak daar is genoeg suurstof in ons hospitale. Ons gaan meer beddens daarstel.

Mkhize sê verder daar is ook 'n fokus om diegene met onderliggende siektes te beskerm. Ons vra ook ouer mense om na hulself te kyk. Ons moet na ons suksesse en mislukkings kyk en daaraan werk. Dit is die einde van die sessie.

08 Jul. 16:51:47

Mkhize sê: Ons het die adviseurs ook gevra om die impak van alkohol op ons trauma-eenhede te ondersoek. Ons moet egter 'n fyn balans handhaaf tussen die red van lewens en die red van mense se inkomste. Ons verstaan dat ons op 'n punt mag verskil, maar ons mense moet ons grootste fokus wees.

Die regering se benadering is om die balans te handhaaf. Dit is om te verseker hoe ons die beste van albei kan kry. Op die einde gaan die stryd in gemeenskappe gewen word omdat voorkoming en gedragsverandering belangrik is. Ons moet mense aanraai om hul hande te was, maskers te dra en gesonde afstande te handhaaf. Lande wat suksesvol was, het verseker dat dit gedoen word. Ons moet nie die pandemie in 'n politieke speelbal verander nie.

Ons het verskeie probleme in talle provinsies gehad. Ook in die Wes-Kaap. Dit is nie reg vir enigiemand om die Wes-Kaap uit te sonder om enige rede nie. Net so het Gauteng goed gedoen in verband met die opspoor van kontakte en hulle het vir lank uit die inperking voordeel getrek. Die swakpunt wat ons daar het, is die tekort aan hospitaalbeddens.

Ons moet daar en in alle provinsies, ook die Oos-Kaap, meer beddens en veral suurstof verskaf. Ek dink ons moet ook verstaan dat al die provinsies swakplekke het. Ons het nie gekom om die Oos-Kaap onder administrasie te plaas nie. Dit is omdat ons dit nie in die Wes-Kaap of Gauteng gedoen het nie. Al die provinsies het hul eie swakplekke en ons moet almal saamwerk om dit te verbeter.

08 Jul. 16:41:22

 Mkhize lewer sy repliek. Hy betuig ook sy medelye met die Noordwes-LUR en ander wat gesterf het. Die pandemie moet ons nou meer as ooit verenig. Ons het gedink ons kom praat hier oor die pandemie en het gedink die LP's sal ons ons blindekolle uitwys. Ons tree egter op die advies van mediese deskundiges op oor hoe om die pandemie te bestuur. Ons sal egter van die LP's se insae ter harte neem.

08 Jul. 16:40:09

Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, is nou aan die woord.

Hy bedank eerste alle gesondheidswerkers en vir Mkhize en sy span vir hul uitstekende werk teen die pandemie. Hy bedank oor pres. Cyril Ramaphosa vir sy leierskap. Hy sê die komitee het vanoggend vergader met die departement van gesondheid.

Hy sê van die lesse wat hy by prof. Glenda Gray na die vergadering geleer het, was dat hospitale nie die pandemie sal oorwin nie, maar eerder gemeenskappe met hul gedrag. Sy vra dat ons almal asseblief 'n masker in die openbaar dra. Dit omdat daar nou sprake is dat die virus deur die lug oorgedra kan word. Ek leef nie in vrees vir die virus nie, maar wil deel wees van die oplossing, sê sy.

Om 'n masker te dra is om verantwoordelik te wees. Ek is ook bly dat die president ook in sy nuusbrief landsburgers aanraai om maskers te dra. Mense moet ook gereeld hul hande was. En mediese behandeling gaan soek as hulle simptome het. Hy sê net 12% van alle pasiënte wat weens die virus in die hospitaal is, is tans in waakeenhede. 

Volgens Dhlomo het sy komitee vier provinsies onlangs besoek. Ons het kennis geneem van die probleme wat nog by hospitale daar ondervind word. Veral in terme van persoonlike beskermende toerusting.

Ons is nie werklik tevrede met die vordering wat tans gemaak is in terme van hospitaalinfrastruktuur en veldhospitale nie, veral in die Oos-Kaap. Ek hoop nie ons word pessimisties nie. Ons word versoek om ons bydrae te lewer. Ek weet nie of van die LP's wat hier gepraat het vandag in 'n ander wêreld leef nie. Want Suid-Afrika word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie opgehemel vir die werk wat dit teen die virus doen.

Hy sê al die probleme wat nou in die Oos-Kaap ondervind word, is vanaf die Wes-Kaap ingevoer. Hy is klaar.

08 Jul. 16:28:34

Ganief Hendricks, Al Jama-ah-LP, bedank Mkhize namens die Moslem-gemeenskap oor sy bestuur van die pandemie. Hy sê die pandemie is baie erg in die gemeenskap.

Meer as 300 Moslem-mense het al weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Hy sê hulle moet aan alle voorkomingsmaatreëls voldoen. As dit oor hul geloof gaan, sê hy hulle moet alle gesondheidsmaatreëls nakom. Hy sê sy tante wat 'n anti-apartheidsaktivis was, is twee uur gelede net deur middel van 'n virtuele begrafnis begrawe. Al Jama-ah wil volgens hom sê dat Mkhize 'n nalatenskap sal agterlaat as hy die nasionale gesondheidsversekering sal implementeer.

08 Jul. 16:26:44

Willie Madisha, Cope-LP, sê Covid-19 is sonder twyfel 'n globale en nasionale probleem. Dit kies  nie kleur nie. Dit besmet almal. Jonk en oud. Daarom het ons saamgestem dat dit as nasionale ramp verklaar word.

Daar is egter 'n probleem. Mense moenie sê dinge is beter in een provinsie as in 'n ander nie. Suid-Afrika is 'n unitêre staat. Dit is verkeerd om te sê die Wes-Kaap doen beter as die ander provinsies. Die Wes-Kaap is deel van Suid-Afrika. Gauteng is deel van Suid-Afrika.

"Deur te sê daar is meer probleme in Gauteng as in die Wes-Kaap, gaan ons ernstige probleme kry. Ons is een land. Dit moet verstaan word dat die Wes-Kaap deel van Suid-Afrika is. Dit is jammer dat die krisis tans deur die regering as verkiesingsveldtog-instrument gebruik word. Ek doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners en partye om saam te werk om dit te bestry. Ons moet dit nie as politieke speelbal gebruik nie.

"Die pandemie het ook die korrupsie in die regering weer onder die nasionale aandag gebring. Ons het ernstige probleme daarmee in verskeie dele van die land. Die media het berig oor die steel van kospakkies vir armes deur raadslede. Dit moet ondersoek word. Ook deur LP's. Ons wil sê wat in Noordwes gebeur het, is baie pynlik. Die premier het gesê dat 'n LUR daar gesterf het. Later is die premier ook positief getoets. Die premier van die Wes-Kaap ook. Baie sterkte."

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.