Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: DAG 106: Nasionale infeksies steek 250 000-kerf verby

Dit is dag 106 van die nasionale staat van inperking.

Die jongste syfers is laat Donderdagaand deur dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, bekend gemaak.

Daar is 13 674 nuwe gevalle en nog 129 mense is dood.

9 Julie

Minister gaan self kyk of Gauteng gereed is

Dr. Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in Gauteng, en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, besoek vandag die Tshwane-distrikshospitaal in Pretoria om die vlak van gereedheid in Gauteng te bepaal. Die provinsie is nou die episentrum van die koronavirus-pandemie in Suid-Afrika.

LEES OOK: ‘Gauteng is nie gereed vir Covid-19-vlaag’ – kenners

Hier volg die jongste verwikkelinge:

10 Jul. 23:04:22

SA steek selfs Italië verby

Suid-Afrika het nou meer bevestigde Covid-19-gevalle as Italië volgens die jongste syfers wat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Vrydagaand bekend gemaak het.

Italië was vroeër in die nuus omdat dié Europese land se hospitale oorweldig was deur die getal Covid-19-pasiënte.

Talle Italiaanse gesondheidswerkers, pasiënte en burgers het aangrypende stories vertel oor hoe die virus hulle geraak het.

Suid-Afrika het nou die 11de meeste infeksies ter wêreld. Italië is nommer 13.

Die lande wat nou die meeste infeksies aangeteken het volgens die Johns Hopkins-Universiteit is:

1. Amerika: 3 158 183 

2. Brasilië: 1 755 779

3. Indië: 793 802 

4. Rusland: 712 863

5. Peru: 316 448

6. Chili: 309 274 

7. Brittanje: 293 015 

8. Mexiko: 282 283 

9. Spanje: 253 908 

10. Iran: 252 720 

11. Suid-Afrika: 250 687 

12. Pakistan: 243 599 

13. Italië: 242 639

10 Jul. 23:00:34

Pres. Jair Bolsonaro  van Brasilië, wat positief vir die koronavirus getoets is, stap in die Alvorada-paleis, die land se ampswoning vir die president. Foto: Reuters

10 Jul. 20:58:29

Die jongste nasionale infeksies steek 250 000 kerf verby.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bekend gemaak dat 250 687 mense in Suid-Afrika reeds positief getoets is vir die koronavirus. Van hulle het bykans die helfte – 118 232  – al herstel.

Nóg 140 mense is aan Covid-19 dood. Dit bring die totale getal Covid-19-sterftes in Suid-Afrika op 3 860 te staan.  

Die syfers per provinsie soos op 10 Julie is as volg:

Oos-Kaap: 46 284

Vrystaat: 4 221

Gauteng: 87 033

KwaZulu-Natal: 21 386

Limpopo: 2 579

Mpumalanga: 3 273

Noordwes: 8 676

Noord-Kaap: 1 168

Wes-Kaap: 76 067  

Sterftes

Uit die 140 sterftes wat Vrydag aangemeld is, was 66 in die Wes-Kaap, 39 in Gauteng, 24 in die Oos-Kaap en 11 in KwaZulu-Natal.

Die sterftesyfer per provinsie is as volg:

Oos-Kaap: 634

Vrystaat: 19

Gauteng: 554

KwaZulu-Natal: 260

Limpopo: 33

Mpumalanga: 22

Noordwes: 36

Noord-Kaap: 7

Wes-Kaap: 2 295  

10 Jul. 16:59:33

Oë rek oor NW-premier in Gautengse hospitaal

Terwyl koronavirusgevalle in Noordwes nou daagliks skerp toeneem, rek die oë omdat dr. Job Mokgoro, Noordwes se premier, in ’n Gautengse hospitaal behandel word nadat hy positief getoets is.

Gavin Edwards, DA-LPW en die party se woordvoerder oor gesondheid in Noordwes, sê die feit dat Mokgoro in ’n Gautengse hospitaal behandel word, dui daarop dat Noordwes nie voldoende voorbereid is om die stygende koronavirusgetalle te bestuur nie, en dat selfs die premier nie vertroue in sy eie provinsie se vermoëns het nie.

Lees hier
10 Jul. 16:56:16

Die Gautengse provinsiale regering het 440 bykomende medici aangestel en beoog om volgende week nog 400 dokters en verpleërs aan te stel.

10 Jul. 16:48:07

10 Jul. 16:30:50

10 Jul. 16:28:31

Inligting oor remdesivir nog skraps

Intussen het die maatskappy Gilead wat remdesivir vervaardig, tussentydse resultate van 'n studie bekend gemaak.

Die maatskappy sê 312 Covid-19-pasiënte is met remdesivir behandel en hulle het die resultate vergelyk met 818 pasiënte wat soortgelyke simptome sowel as graad van die siekte getoon het. Dit is dus nie 'n kliniese studie wat gedoen is nie.

Gilead sê 74% van pasiënte wat met remdesivir behandel is, het na 14 dae herstel, terwyl net 59% van dié in die ander groep teen dieselfde periode herstel het.

Die maatskappy sê hy sal die volledige resultate binnekort bekend maak.

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.