Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oorsig: DAG 107: 13 497 nuwe Covid-19 gevalle; 111 sterftes

Dit is dag 107 van die nasionale staat van inperking.

Die jongste syfers:

Volg die regstreekse dekking hier.

11 Jul. 23:00:57

11 Jul. 22:53:36


Jongste nasionale infeksies neem toe met 13 497 gevalle 

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bekend gemaak dat 264 184 mense in Suid-Afrika reeds positief getoets is vir Covid-19. Hiervan het 127 715 al herstel.

Nóg 111 Covid-19 verwante sterftes het voorgekom. Dit bring die totale aantal Covid-19 verwante sterftes in Suid-Afrika op 3 971 te staan.  

Die syfers per provinsie soos op 11 Julie is as volg:

Oos-Kaap: 48 232

Vrystaat: 4 679

Gauteng: 93 044

KwaZulu-Natal: 23 753

Limpopo: 2 835

Mpumalanga: 3 621

Noordwes: 9 418

Noord-Kaap: 1 266

Wes-Kaap: 77 336  

Sterftes

Uit die 111 sterftes wat Saterdag voorgekom het, was 38 uit die Wes-Kaap, 30 van die Oos-Kaap, 26 van Gauteng, 13 van KwaZulu-Natal en 4 van die Noord-Kaap.

Die sterftesyfer per provinsie is as volg:

Oos-Kaap: 664

Vrystaat: 19

Gauteng: 580

KwaZulu-Natal: 273

Limpopo: 33

Mpumalanga: 22

Noordwes: 36

Noord-Kaap: 11

Wes-Kaap: 2 333  

11 Jul. 21:40:41

Amptenaar toets positief

’n Senior amptenaar in die kantoor van die premier van Limpopo is positief vir die koronavirus getoets.

Luidens ’n verklaring is die beampte in kwarantyn en almal wat met hom in kontak gekom het, is in kennis gestel en aangeraai om te selfisoleer.

Lees hier
11 Jul. 21:24:30

11 Jul. 21:22:17

11 Jul. 20:06:24

Twiet oor toerisme toe 'n fout

’n Plasing Vrydagaand op pres. Cyril Ramaphosa se amptelike Twitter-rekening oor regulasies wat dit laat lyk het of vakansieverblyf heropen, het groot verwarring in die toerismebedryf veroorsaak.

Die twiet is Vrydagaand om 18:39 geplaas, wat regulasies van vlak 3-inperkings ingesluit het.

In die grafika was daar inligting oor hoe gastehuise en hotelle hul deure vir vakansiegangers kan oopmaak, maar Saterdagoggend was dit nie meer daar nie.

Lees hier
11 Jul. 19:00:59

11 Jul. 18:49:07

11 Jul. 18:38:46

11 Jul. 18:02:54

Kommer oor hospitaalbeddens vir Covid-19-pasiënte

Hospitaalbeddens vir Covid-19-pasiënte in die Vrystaat kan ook te min word as daar nie betyds bykomende voorsiening gemaak word nie.

Daarom is dringende ingryping nou nodig, waarsku Mariëtte Pittaway, DA-wetgewerlid en woordvoerder van dié party oor gesondheid.

Pittaway sê in ’n nuusverklaring dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het op TV gesê dat hospitaalbeddens in die land te min kan word soos wat die Covid-19-pandemie sy piek binnegegaan.

Lees hier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.