Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dag 108: Strande bly gesluit

Dit is dag 108 van die nasionale staat van inperking.

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die nasie toe oor verwikkelinge rakende die bekamping van die verspreiding van Covid-19 nadat hy vanmiddag 'n spesiale kabinetsvergadering belê het. 

Volg die regstreekse uitsending  hier:


13 Jul. 17:00:39

 Strande bly gesluit

Die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Maandag gesê dit is nie so dat strande oopmaak nie. Strande word spesifiek gesluit gehou omdat mense daar kan saamdrom. Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het dit Maandagmiddag herhaal.  

12 Jul. 21:32:11

Jy mag weer strand toe gaan

Die regulasies wat Sondag laataand gepubliseer is, sluit in dat strande weer oopgestel is. 

Dit is die eerste keer dat strande mag oopmaak sedert inperking in Maart in Suid-Afrika ingestel is. 

Nóg 'n verandering in die regulasies is dat mense wat veeleisende oefening doen, nie 'n masker hoef te dra nie, maar 'n afstand van 3 m moet hou van ander mense.

* Al die regulasies wat Sondagaand aangekondig is, is onmiddellik van krag, behalwe die aandklokreël wat van Maandagaand af geld.

12 Jul. 21:28:51

Die jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 12 058 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal op 276 242 te staan bring.

In dieselfde tydperk is 108 mense dood weens Covid-19 en daar is nou altesaam 4 079 mense dood weens die virussiekte

Daar het al 134 874 pasiënte herstel.


12 Jul. 20:39:31

Ons moet weer begin bou aan die ekonomie.

Die dae, weke en maande wat kom, sal van die grootste uitdagings tot nog toe vir ons inhou.

Mense moet saamwerk om die verspreiding van die virus te beperk. Elke individu se poging om die verspreiding van die virus te beperk, maak 'n verskil.

Niemand is alleen nie. Nou meer as ooit, is ons verantwoordelik vir die mense rondom ons se lewens.

12 Jul. 20:38:10

Taxi's wat lang reise onderneem, mag net 70% van hul toegelate passasiers dra. Vir plaaslike ritte mag taxi's 100% vol wees, maar met nuwe, strenger regulasies. Die taxi's se vensters moet oop wees, voertuie moet ontsmet word en almal moet maskers dra.

12 Jul. 20:37:07

Ramaphosa sê die stigma rondom die virus moet verbreek word. Hy bedank die duisende mense wat baklei teen die virus, verpleegpersoneel, dokters, lede van die media, polisie, weermag en verkeersbeamptes wat verantwoordelik is vir veiligheid. Hy bedank ook noodsaaklike werkers wat help dat die land aan die gang bly.

12 Jul. 20:36:38

Die nasionale ramptoestand word verleng tot 15 Augustus.

12 Jul. 20:35:31

Almal moet saans van 21:00 tot soggens 04:00 tuisbly. Die nuwe aandklokreël geld van Maandag.

12 Jul. 20:34:40

Die verkoop en verspreiding van alkohol word onmiddellik opgeskort.

12 Jul. 20:29:34

Die dra van gesigmaskers gaan strenger gereguleer word. Werkgewers, winkels, taxi's en eienaars van openbare geboue word ingevolge die regulasies verplig om te sorg dat mense wat by hul winkels en geboue inkom of in hul taxi's klim, maskers dra.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.