Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 109: 93 sterf die afgelope 24 uur

Dit is dag 109 van die nasionale staat van inperking.

  • Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, maak meer inligting bekend oor die rampbestuurregulasies wat aangepas is nadat pres. Cyril Ramaphosa gisteraand die land toegespreek het. 

    Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is deel van die ministers in die maatskaplike groepering van die kabinet wat om 15:00 meer besonderhede bekend sal maak oor die rampbestuurregulasies wat aangepas is nadat pres. Cyril Ramaphosa gisteraand die land toegespreek het. 

Volg die regstreekse dekking hier.

13 Jul. 22:48:42

Jongste syfers

93 mense is die afgelope 24 uur dood weens Covid-19 wat die totaal op 4 172 te staan bring.

11 554 nuwe gevalle is bevestig.

Daar is nou altesame 287 796 gevalle aangemeld waarvan 138 241 herstel het.

13 Jul. 18:42:28

In afwesigheid van entstof - hou by protokol

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, sluit die mediakonferensie af en vra mense om net die beste te doen wat hulle kan. Dra maskers, oral. In winkelsentrums en openbare plekke.

Terwyl daar nie 'n entstof is nie, is al wat oorbly om self te hou by die protokol - gesigmaskers en om veilige en gesonde afstande van mekaar te behou. Om nie by oumas en oupas te mag gaan kuier nie, word gedoen met baie goeie redes.

Wat die verkoop van alkohol betref, meen hy die verbod moet bly. As dit nie bly nie, beteken dit dat beddens in hospitale nie beskikbaar sal wees om pasiënte met Covid-19 te behandel nie, want die beddens sal vol wees van mense wat in padongelukke was of in voorvalle van geweld wat met drankverbruik verband hou.

Suid-Afrikaners is slegte gebruikers van drank - alles moet op een slag opgedrink word. Net toe drankverkope oopgestel is... dit was so sleg, so sleg, sê Mthembu. Alles wat gedoen word, is om lewens te red. Alles word gedoen om 'n lewe te hê ná die koronavirus.

13 Jul. 18:35:07

Oor bewerings dat daar 'n entstof in Rusland gekry is

Mkhize sê daar word baie navorsing wêreldwyd gedoen. Wat die entstof in Rusland betref, is hulle nou daar deur die eerste fase van die toetsing. Dit het goed gegaan, maar dit beteken nie dat die entstof suksesvol is nie. Daar is nog geen entstof wat as suksesvol beskryf kan word en reg is om dadelik te gebruik nie. Geeneen van die entstowwe wat ontwikkel word, is reeds deur al die fases van toetsing nie.

13 Jul. 18:31:40

Mkhize sê hy het geen antwoord of die verbod op sigaretverkope help om Covid-19 te bekamp nie

13 Jul. 18:29:11

Oor die rookverbod

Mkhize sê daar is geen antwoord of die verbod op die verkope van sigarette enige impak het op die verspreiding van die virus nie. Hy sal kundiges in die departement van gesondheid hieroor vra en later 'n antwoord gee.

13 Jul. 18:27:47

Oor mense ouer as 60 wat steeds moet werk

Mkhize beantwoord ook 'n vraag oor mense wat ouer as 60 is en steeds moet werk. Hy sê dit sluit onderwysers in en die departement van onderwys moet duideliker riglyne daaroor gee.

13 Jul. 18:23:38

Verspreiding van virus deur lugversorgers 'n 'moontlikheid'

Oor die verspreiding van die virus deur lugversorgers sê Mkhize dit is beslis 'n moontlikheid.

In China was daar 'n geval in Wuhan waar 'n persoon by 'n restaurant gaan eet en die virus beslis slegs deur 'n lugversorgingstelsel versprei kon word. Daarom is die boodskap nou dat vensters oopgemaak moet word sodat vars lug sirkuleer en dat lugversorging nie in geboue gebruik moet word nie.

13 Jul. 18:22:11

Hospitaalbesoeke onmoontlik weens gevaar oor verspreiding van virus 

Dit is onmoontlik om iemand in 'n hospitaal te besoek weens die gevaar van die verspreiding van die virus. Mense kla hulle bel, maar kry nie antwoord by hospitale nie.

Gesondheidswerkers vat een oproep en wanneer hulle die foon neersit, is daar nog 'n oproep van 'n bekommerde familielid. Dit weerhou egter die gesondheidswerkers om hul werk te doen om pasiënte te versorg omdat hulle tyd moet gebruik om die oproepe te hanteer. Dit is 'n moeilike situasie, sê Mkhize.

13 Jul. 18:19:23

Gesondheidswerkers ruggraat in stryd teen virus

Oor gesondheidswerkers sê Mkhize hulle word nie genoegsaam bedank nie, hulle is die ruggraat in die stryd teen die virus.

Dit is wel pynlik vir pasiënte wat nie deur hul familielede besoek kan word nie. Die ondersteuning van mense naby aan jou is deel van die proses van gesond word. Daar is 'n groot behoefte vir familielede om mense wat siek is te ondersteun. In Gauteng word 'n stelsel oorweeg waar familielede teksboodskappe kan stuur aan pasiënte.

13 Jul. 18:16:26

Taxi-verenigings is ingelig hoe ernstig die verspreiding van die virus is

Oor die gebruik van taxi's sê Mkhize taxi-verenigings en die minister van vervoer het daaroor koppe gestamp, maar daar is aan die taxi-verenigings verduidelik hoe ernstig die verspreiding van die virus is. Hy herhaal dat daar nie 'n perfekte antwoord is nie, maar daar is wel samewerking verkry van die verenigings oor die regulasies wat nodig is om passasiers te kan vervoer.

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.