Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 110: SA by 300 000 gevalle; nóg 174 mense sterf

Dit is dag 110 van die nasionale staat van inperking.


Hier is die jongste verwikkelinge: 

14 Jul. 21:11:25

Jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 10 496 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal op 298 292 te staan bring. In dieselfde tyd is nóg 174 mense dood. Die nasionale sterftesyfer is nou 4 346.

14 Jul. 21:06:13

Gwede Mantashe toets positief

Gwede Mantashe, minister van minerale en energie, en sy vrou, Nolwandle, is positief vir Covid-19 getoets.

Mantashe het die uitslae vroeër Dinsdag gekry.

Die egpaar is in selfisolasie en die minister sal van die huis af werk.

Volgens 'n verklaring is dit die derde keer wat Mantashe getoets is sedert die virussiekte in Suid-Afrika uitgebreek het.

14 Jul. 19:39:58

Infasering van leerlinge by skole gaan voort

Skole sal voortgaan om die terugkeer van leerlinge in te faseer, het die departement van basiese onderwys Dinsdagaand in ’n verklaring gesê.

Dit kom nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Dinsdagoggend met die raad van onderwysministers (CEM) vergader het ná pres. Cyril Ramaphosa se toespraak Sondag.

Die raad sê skole wat gewys het hulle het die vermoë om Covid-19-regulasies na te kom en waar dit moontlik is om leerlinge makliker en vinniger te laat terugkeer, kan daarmee voortgaan.

Die ministeriële advieskomitee vir Covid-19, die departement van gesondheid en die onderwysbedryf sal voortgaan om die verwikkelinge in skole fyn dop te hou en sal die CEM en die kabinet daarvolgens van raad bedien, lui die verklaring.

“Die CEM sal voortgaan om die situasie weekliks te monitor en te evalueer. Die regering is uiters bekommerd oor onderwysers, hoofde en ondersteuningspersoneel wat enige platform gebruik om die regering aan te val omdat hulle moet terugkeer werk toe . . .”

Die CEM sê ook hy sal regstappe doen teen individue en groepe wat voortgaan om skole te ontwrig.

Volgens die verklaring staan skoolbywoning op 80% en die syfer is veel beter as dié van die meeste wêreldlande. - Marita Herselman

* Lees later die volledige berig op Netwerk24.

14 Jul. 19:22:37

Laat onderwysstudente by skole gaan help

Meer as 16 000 onderwysers het aangedui hulle ly aan toestande wat hulle meer vatbaar kan maak vir die dodelike koronavirus.

Daarom sê die DA het hy die departement van basiese onderwys gevra om onderwysstudente in hul finale jaar te betrek om skole se kapasiteit tydens die inperking te versterk.

Nomsa Marchesi, DA-woordvoerder oor basiese onderwys, sê in ’n verklaring Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het in antwoord op ’n skriftelike parlementêre vraag van die DA geantwoord 16 168 onderwysers het aangedui hulle ly aan onderliggende siektetoestande.

Marchesi sê hoewel die departement sê aflosonderwysers sal aangestel word om te help, is dit nie tans duidelik of daar genoeg aflosonderwysers is om die skole wat geraak word, by te staan nie.

Sy sê verskeie onderwysers het in die laaste ruk by die DA gekla dat hulle onder bykomende druk is weens die hoë werkslading.

Daar word onder meer van hulle verwag om met die oog op maatreëls vir die handhaaf van gesonde afstande bykomende klasse aan te bied, aanlyn opnames van hul klasse te maak vir leerlinge wat weens die pandemie nie by die skool kan wees nie, en hulle moet instaan vir onderwysers wat om gesondheidsredes nie tydens die pandemie mag werk nie.

Marchesi sê die onderwysstudente kan help met onder meer beplanning, toesighouding en selfs klasgee as deel van hul praktiese opleiding.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het vroeër gesê dit is oor die land heen ’n groot uitdaging om aflosonderwysers te vind in veral vakke soos wiskunde, wetenskap, rekeningkunde, Afrikaans (eerste taal) en Engels (eerste taal).Motshekga se kantoor het onderneem om later te reageer.

14 Jul. 17:55:52

Met 32 infeksies sluit Hongkong skole

Terwyl Sadtu meen alle skole in Suid-Afrika behoort gesluit te word, het die Hongkongse buro vir onderwys reeds so 'n besluit geneem nadat die infeksies daar weer begin styg het.

Baie skole was aanvanklik sedert Januarie gesluit en het aanlyn klasse gegee, maar sommige het sedertdien heropen namate die verspreiding van die virus afgeneem het. Die infeksies het egter nou weer begin styg.

Terwyl net 32 nuwe gevalle aangeteken is, het dit vrese laat ontstaan dat die virus blitsig in openbare plekke kan versprei. 

Alle skole sal van Maandag af weer gesluit wees.

14 Jul. 17:55:48

Saru, regering praat gou oor terugkeer na oefenveld

Rugbyunies in die land sit op hete kole en wag vir die uitkoms van ’n vergadering die week waarop hulle straks die groen lig kan kry om na die oefenveld terug te keer.

Daar word op goeie gesag verneem dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en rolspelers van die regering Vrydag sal vergader om oor die pad vorentoe vir rugby in die Covid-19-pandemie te besluit.

Lees hier
14 Jul. 17:55:42

Mmusi Maimane het die Sadtu-versoek verwelkom

14 Jul. 17:55:38

Gaan hier vir toetse in Jhb

14 Jul. 17:55:34

Die Wes-Kaap en Gauteng is die enigste twee provinsies waar die herstelkoers hoër as in ander provinsies is, berig die SAUK.

In dié twee provinsies het meer as die helfte van die mense wat die virus opgedoen het, herstel.

14 Jul. 17:55:24

Hou skole toe, vra onderwysvakbond

Die onderwysvakbond Sadtu gaan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, versoek om skole tot ná die piek van die Covid-19-uitbreking in Suid-Afrika te sluit.

Die vakbond se nasionale uitvoerende komitee het Dinsdag vergader.

Mugwena Maluleke, sekretaris-generaal van die vakbond, het op 'n nuuskonferensie ná die vergadering gesê die redes vir die versoek is onder meer omdat die naderende piek saam met die winter gaan val, asook die feit dat nie alle skole die standaard-bedryfsprosedures volg nie.

Volgens Maluleke is dit volgens alle bewyse op grondvlak duidelik dat doeltreffende onderrig nie in die huidige omstandighede plaasvind nie.

Meer oor:  Vlak 3  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.