Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 127: Eerste SA-vervaardigde ventilators gereed

Dit is dag 127 van die nasionale staat van inperking. 

  • Dr. Tedros Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), lewer toesprake op 'n virtuele konferensie oor Covid-19. Pres. Cyril Ramaphosa sou ook praat, maar daar het glo ander dringende verpligtinge opgeduik. 
  • Dit word deur dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, aangebied.
  • Wetenskaplikes, politici, amptenare en sakelui neem aan die gesprek deel.
  • Paneelbesprekings gaan fokus op mediese innovasie, datamodellering en die maatskaplik-ekonomiese invloed van die pandemie.
  • Volg die regstreekse dekking hier.


31 Jul. 22:23:59

31 Jul. 21:54:56

31 Jul. 21:53:09

Nuwe syfers in Suid-Afrika:

Nóg 193 mense is in Suid-Afrika aan die koronavirus dood en nóg 11 014 mense is positief vir die virus getoets.

Van die sterftes was agt in die Oos-Kaap, 103 in Gaugteng, 36 in KwaZulu-Natal, 33 in die Wes-Kaap en 13 in Mpumalanga.

Die totale sterftesyfer in die land is 8 005.

Altesaam  2 959 535 toetse is al in Suid-Afrika gedoen. Daarvan was 41 486 sedert die vorige verslag bekendgemaak is.

Van die 493 183 gevalle waar mense positief vir die koronavirus getoets is, het 326 171 reeds herstel.

Die getal positiewe toetse in die provinsies:

Oos-Kaap: 77 938 

Vrystaat: 21 262 

Gauteng: 175 272 

KwaZulu-Natal: 76 706 

Limpopo: 8 565 

Mpumalanga: 14 101 

Noordwes: 19 325 

Noord-Kaap: 4 741 

Wes-Kaap: 95 223 

Onbekend: 50 

Totaal: 493 183 

31 Jul. 21:30:48

Teodoro Mejia in die Peruaanse hoofstad Lima met 'n foto van homself (regs) by sy vrou, Bertha, wie se lyk pas uit hul huis na die plaaslike lykshuis geneem is. Bertha is aan die koronavirus dood. Ook op die foto is Bertha se broer, Edgar. Owerhede in dié land ondersoek saam met die Pan-Amerikaanse Gesondheidsorganisasie of die land dalk nagelaat het om meer as 27 000 sterftes verkeerdelik nie as weens die koronavirus aan te dui nie. Dié syfer kan die land se amptelike sterftesyfer weens die virus verdubbel. Foto: AP

31 Jul. 16:44:50

Wêreldsyfers

Die wêreld het oornag die 17 miljoen-infeksiekerf oorgesteek. So lyk die jongste syfers tans:

      17 328 238

mense wêreldwyd het al Covid-19 onder lede gehad

      673 936

mense het al gesterf (3,9% van infeksies)

 

Topvyf lande met meeste infeksies:

Amerika: 4 495 612

Brasilië: 2 610 102

Indië: 1 638 827

Rusland: 838 461

Suid-Afrika: 482 169

31 Jul. 16:28:37

Soldate wat rook by begrafnis ondersoek

Die soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat gesien is rook by die begrafnis Woensdag van Andrew Mlangeni word ondersoek.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het dit vanoggend bevestig toe hy die nasionale misdaadstatistieke bekend gemaak het.

Cele het bygevoeg hy is meegedeel dat dissiplinêre stappe ook teen die betrokkenes begin is.

Drie soldate is op kamera gesien waar hulle saam bondel en rook (foto).

Cele het daarop gewys dat rook nie onwettig is nie, maar wel die verkope van tabakprodukte. As jy egter met 'n sigaret betrap word "sal die polisie graag wil weet waar jy dit in die hande gekry het", het Cele gesê.

31 Jul. 16:08:39

Meer oor SA se ventilator

'n Groep Suid-Afrikaanse ingenieurs het die ventilator binne drie maande ontwerp en getoets waarna produksie kon begin. 

So 'n proses kan gewoonlik tot 'n jaar duur, berig Rapport.

Dit is ook die eerste keer dat dié tipe ventilator, die sogenaamde CPAP-ventilators, in Suid-Afrika gebou word.

Patel het spesifiek melding gemaak daarvan dat data getoon het dat dié tipe ventilators  doeltreffender is as ander tipe ventilators waar mense deur middel van intubasie ('n sny in die lugweg) suurstof ontvang.

Elke ventilator kos R12 500.

Die CPAP-toestelle word gebruik om pasiënte vroeër in die siekte met asemhaling te help deur ’n suurstofkonsentrasie teen konstante druk toe te dien. As pasiënte téén die druk uitasem, hou dit die alveoli oop, verbeter suurstofoordrag en verhoog die suurstofvlakke in pasiënte se bloed, wat herstel bespoedig.

Die alveoli is die "sakkies" in die longe waar die lug omgeskakel word in koolstofdioksied en wat stelselmatig met vloeistof gevul word namate 'n Covid-19-pasiënt se liggaam teen die virus reageer, wat asemhaling bemoeilik en suurstofoordrag verminder.

Foto: So lyk die plaaslik vervaardigde ventilator.

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.