Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oorsig: DAG 128: SA steek halfmiljoen-merk verby

Dit is dag 128 van die nasionale staat van inperking.

Volg die jongste verwikkelinge hier:

01 Aug. 22:22:04

Sterftesyfer styg met 148

Suid-Afrika het nou 503 290 gevalle van mense wat die koronavirus opgedoen het. 

Die sterftesyfer het met 148 gestyg.

Die nuwe sterftes is:

Oos-Kaap: 36

Gauteng: 40

KwaZulu-Natal: 41

Wes-Kaap: 24

Noord-Kaap: 7

Die totale getal sterftes wat tot nou toe aangemeld is weens Covid-19, is 8 153.

Die herstelkoers is 68% en daar het reeds 342 461 mense herstel van die virus.

Die getal mense wat positief getoets en deur die department aangemeld is, is:

Oos-Kaap: 78 782 (15,7%)

Vrystaat: 22 308 (4,4%)

Gauteng: 178 119 (35,4%)

KwaZulu-Natal: 79 607 (15,8%)

Limpopo: 8 879 (1,8%)

Mpumalanga: 14 681 (2,9%)

Noordwes: 19 714 (3,9%)

Noord-Kaap: 4 961 (1%)

Wes-Kaap: 96 189 (19,1%)

Onbekende afkoms: 50

Daar is altesame 3 001 985 toetse gedoen vir die virus en 42 450 daarvan is gedoen sedert Vrydag se aankondiging deur die department.

01 Aug. 22:18:06

01 Aug. 22:05:35

503 290 mense in Suid-Afrika het koronavirus

Suid-Afrika het vandag die halfmiljoen-merk oorgesteek met 'n totaal van 503 290 mense wat positief getoets is vir die koronavirus.

01 Aug. 21:50:37

1 292 gevalle in Suid-Afrikaanse tronke

Die department van korrektiewe dienste (DKD) sê 1 292 mense in tronke in Suid-Afrika is reeds positief getoets.

Hiervan is die meeste (1 127) beamptes wat met die virus besmet is en 165 gevangenes. 

Volgens die jongste syfers, wat Saterdag beskikbaar gestel is deur die DKD, is daar 41 nuwe gevalle onder beamptes en 41 gevalle onder gevangenes sedert Vrydag aangemeld.

Die nuwe gevalle van beamptes is:

Gauteng: 5;

KwaZulu-Natal: 10;

Vrystaat en die Noord-Kaap gesamentlik: 17;

Oos-Kaap: 5;

Limpopo, Mpumalanga en Noordwes gesamentlik: 3;

Wes-Kaap: 1.

Die nuwe gevalle onder gevangenes is:

Gauteng: 16;

Oos-Kaap: 12;

Vrystaat en Noord-Kaap gesamentlik: 5;

KwaZulu-Natal: 8.

01 Aug. 19:15:56

Gauteng: meer as 2 000 dood

Die Gautengse provinsiale regering se jongste inligting oor Covid-19 is bekend gemaak.

Teen Vrydag is 175 272 mense in Gauteng reeds positief getoets vir die koronavirus. Dit is 3 698 meer as die getal wat  Donderdag aangemeld is. Volgens die inligting het 112 248 mense herstel.

Daar is nog 103 sterftes aangemeld wat beteken die dodetal in die provinsie staan nou op 2 035. Donderdag was dit 1 932.

01 Aug. 19:14:56

01 Aug. 17:18:13

01 Aug. 16:12:07

Suid-Afrikaans vervaardigde ventilators na hospitale versprei

Die eerste Suid-Afrikaans vervaardigde ventilators is Vrydag voltooi en word na hospitale versprei.

Hospitale met gebrekkige hulpbronne in Afrika sukkel om voor te bly met die vraag na ventilators, terwyl ryk lande daarin kon slaag om meer ventilators en persoonlike beskermende toerusting te bekom.

Suid-Afrika is steeds vyfde op die lys van lande met die hoogste infeksies. Dié infeksies is sowat die helfte van alle gevalle in Afrika, wat reeds die miljoen-infeksiekerf nader.

Lees hier
01 Aug. 16:01:00

In Wes-Kaap het 80 000 mense genees 

Volgens die jongste inligting wat Saterdag deur Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, aangekondig is, is daar nou 10 377 aktiewe gevalle van Covid-19 in dié provinsie.

Die algehele totaal sedert die eerste persoon in dié provinsie positief getoets is, is nou 94 197, waarvan 80 750 herstel het. Dit is ‘n styging van 784 teenoor Vrydag se 93 413 aangemelde gevalle.

Nog 30 mense is aan die virussiekte dood. Dit het die dodetal in die Wes-Kaap nou tot 3070 laat styg.

Winde het gesê die groot nuus is dat daar nou meer as 80 000 mense in die Wes-Kaap herstel het van Covid-19 – dit is ‘n koers van 80%.

01 Aug. 15:04:13

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.