Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 129: 8 195 nuwe gevalle, 213 sterftes aangemeld

Dit is dag 129 van die nasionale staat van inperking.

In 'n neutedop:

  • Getal positiewe gevalle in SA: 511 485
  • Getal sterftes in SA: 8 195
  • Getal positiewe gevalle wêreldwyd: 17,85 miljoen
  • Getal sterftes wêreldwyd: 685 179

Volg die jongste verwikkelinge hier:

02 Aug. 21:43:42

Jongste syfers

Daar is nou 511 485  bevestigde gevalle van die koronavirus – die afgelope 24 uur is 8 195 gevalle aangemeld teenoor 11 046 die vorige dag.

213 nuwe sterfgevalle is aangeteken – die sterftesyfer staan tans op 8 195.

Die jongste sterfgevalle per provinsie is soos volg:

Oos-Kaap: 25

Gauteng: 40

KwaZulu-Natal: 31

Wes-Kaap: 43

Limpopo: 23

Vrystaat: 51

  

02 Aug. 21:37:27

02 Aug. 21:22:51

Covid-19-entstof: Ryk lande staan dalk voor in tou

Ryk lande het reeds meer as ’n miljard dosisse van ’n moontlike entstof teen die Covid-19-virus vir hulself toegeëien.

Dit het die kommer laat toeneem dat die res van die wêreld agter in die tou sal moet inval in die globale stryd teen Covid-19.

Stappe deur die VSA en Brittanje om vir hulself voorrade van die farmaseutiese maatskappye Sanofi en sy vennoot in die ontwikkeling van ’n entstof, GlaxoSmithKline, en ook deur ’n ander vennootskap tussen Japan en Pfizer te verseker, is die jongste in ’n rits sulke ooreenkomste.

Lees die volledige berig hier.
02 Aug. 21:21:53

Armoede, ongelykheid ondermyn SA se reaksie op pandemie

Ongelykheid en armoede het Suid-Afrika se reaksie op die Covid-19-pandemie ondermyn, berig Reuters. Toe pasiënte by die Thelle Mgoerane-staatshospitaal in Vosloorus begin opdaag het, het gesondheidswerkers daar geskarrel om ’n isolasiesaal ingerig te kry om hulle te behandel.

Hulle kon nie voorbly nie. Videomateriaal wat in die hospitaal opgeneem is en wat Reuters te siene gekry het, wys Covid-19-pasiënte wat in ’n gewone saal behandel word, afgeskei van ander pasiënte met net gordyne.

“Daar is nêrens plek nie,” het Rich Sicina, ’n verpleër by dié hospitaal gesê. “Dis ’n gemorsspul.”

Lees die volledige berig hier.
02 Aug. 21:20:01

‘Mense glo nie meer regering kan virus stuit’

Suid-Afrika het meer as ’n halfmiljoen bevestigde koronavirusgevalle – en die regering het weens die volgehoue staat van inperking en sy “sinnelose” regulasies lankal die vertroue van sy mense verloor.

So meen verskeie opposisiepartye nadat pres. Cyril Ramaphosa Saterdag ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om steeds aan gesondheids- en veiligheidsregulasies te voldoen en saam te werk om die verspreiding van die virus te stuit.

Die president het dié beroep op Suid-Afrikaners gedoen toe hy in ’n verklaring aangekondig het dat die land teen Saterdag 503 290 bevestigde gevalle gehad het waarvan 342 461 herstel het. Die aantal aktiewe gevalle is dus 152 676.

Lees die volledige berig hier.
02 Aug. 21:19:17

Drankbedryf verwelkom raad se beroep op regering

Die drankbedryf het die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se beroep verwelkom dat die regering moet gereed maak om die verbod op die verkoop van alkohol op te hef.

Dr. Glenda Gray, voorsitter van die SAMNR, en prof. Charles Parry, direkteur van die raad se navorsingseenheid oor alkohol, tabak en ander dwelmmiddels, het dié beroep Vrydag in ’n onderhoud met Michael Avery van Business Day TV gedoen.

Lees die volledige berig hier.
02 Aug. 18:10:43

Switserland 'moet strenger maatreëls instel' om koronavirus te stuit

Switserland moet strenger maatreëls instel om nóg strenger inperkingsregulasies in die toekoms te vermy, sê die nuwe hoof van die land se Covid-19-taakmag. 

Martin Ackermann, hoof van die taakmag, sê die land is op die punt om 'n groot styging in infeksies te sien. 

"Ons moet vroeg werk van die saak maak om eksponensiële groei te vermy," het Ackermann aan die SonntagsZeitung gesê. "Andersins is daar die risiko van drastiese en duur beperkings."

Inperkingsmaatreëls is al gedeeltelik in die land verslap nadat dit aanvanklik in Maart vanjaar ingestel is. Winkels, kroeë en restaurante is as deel van die inperkingsmaatreëls gesluit om die verspreiding van die virus te beperk.

Altesame 35 000 mense is met die virus besmet. Die sterftesyfer is 1 707. Switserland se bevolking is 8,6 miljoen. - Reuters 

02 Aug. 17:40:46

02 Aug. 16:26:22

Indië se minister van binnelandse sake in hospitaal

Amit Shah, Indiese minister van binnelandse sake, is gehospitaliseer nadat hy positief getoets is vir die koronavirus. 

Shah is die mees senior minister in die land wat tot dusver positief vir die virus getoets is. 

Sy ministerie is aan die voorpunt om die pandemie in Indië te bestuur. 

Indië het naas Amerika en Brasilië die meeste koronavirusgevalle ter wêreld - 1,7 miljoen. Volgens data van Reuters is 36 500 mense reeds aan Covid-19 dood in die land. Foto: Reuters 

02 Aug. 16:15:22

Verlate strate in Melbourne

Die polisie het Sondag plaaslike tyd van 20:00 af strate in Melbourne, die naasgrootste stad in Australië, gepatrolleer. 

'n Aandklokreël sal die volgende ses weke in die staat Victoria geld om 'n vlaag nuwe Covid-19-infeksies in bedwang te bring. Slegs een persoon in 'n huishouding kan inkopies doen en sodanige inkopies moet binne 'n radius van 5 km van 'n woning af geskied. Oefening mag ook net een uur per dag geskied. Foto: Getty Images 


Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.