Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 130: Nóg 173 sterftes en 5 377 nuwe infeksies in SA

Dit is dag 130 van die nasionale staat van inperking. 

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

03 Aug. 22:13:26

03 Aug. 22:05:31

Sterftes per provinsie:

Wes-Kaap: 3 148

Gauteng: 2 152

Oos-Kaap: 1 789

KZN: 887

Vrystaat: 205

Mpumalanga: 123

Noordwes: 109

Limpopo: 90

Noord-Kaap: 36


Jongste syfers

Daar is nou  516 862 bevestigde gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika– die afgelope 24 uur is 5 377 gevalle aangemeld teenoor 8 195 die vorige dag.

173 nuwe sterfgevalle is aangeteken – die sterftesyfer staan tans op 8 539. Sondag is 213 sterftes aangemeld.

Die jongste sterfgevalle per provinsie is soos volg:

Oos-Kaap: 20

Gauteng: 37

KwaZulu-Natal: 12

Wes-Kaap: 31

Noordwes: 28

Mpumalanga: 45

03 Aug. 21:29:23

Verbod: Drankreuse laat vaar miljarde se beleggings

Benewens honderdduisende werkverliese en miljarde rande in verlore aksynsbelasting vir die staat, het die regering se drankverbod nou regstreeks gelei tot die kansellering van gesamentlik R8,5 miljard se regstreekse beleggings in die land deur twee van die grootste drankvervaardigers in SuidAfrika.

Die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) en Heineken Suid-Afrika het albei aangekondig dat hulle dit nie meer kan bekostig om uit te brei soos beplan nie, omdat die drankverbod hulle eenvoudig lamlê

Lees die volledige storie hier.
03 Aug. 21:27:25

Het SA al die eerste piek bereik?

Die regering se aanname dat koronavirusbesmettings nou afwaarts neig, word deur minstens een kenner bevraagteken.

Daar was verlede week altesame 173 000 aktiewe gevalle landwyd teenoor 155 000 vandeesweek.

Volgens prof. Salim Abdool Karim, die regering se hoofgesondheidsraadgewer, lyk die syfers belowend dat Suid-Afrika die piek van die eerste vlaag van die pandemie bereik het.

Dít sal egter eers Vrydag bevestig kan word.

Lees die volledige berig hier.
03 Aug. 21:25:07

03 Aug. 20:20:27

Globale syfers:

Daar is reeds meer as 18 miljoen bevestigde gevalle van die koronavirussiekte wêreldwyd aangemeld, volgens data van die gesaghebbende Johns Hopkins-Universiteit in Maryland, Amerika.

Teen Maandagaand 20:00 het die syfers so daar uitgesien:

18 147 574 bevestigde gevalle

690 573 sterftes

10 753 815 mense het reeds herstel 

Die lande wat die ergste geraak is, is in volgorde Amerika, Brasilië, Indië, Rusland en Suid-Afrika

03 Aug. 20:04:06

Só lyk sake in die Wes-Kaap

Daar is tans 10 955 aktiewe gevalle van die koronavirussiekte in die Wes-Kaap, het Alan Winde, Wes-Kaapse premier, Maandagaand bekend gemaak.

Daar is reeds 95 407 bevestigde gevalle van die siekte in die provinsie. 81 308 mense het reeds van die siekte herstel. 

03 Aug. 20:01:15

03 Aug. 19:39:05

2 nuwe gevalle van koronavirus in isolasiegeriewe in NS

Twee nuwe gevalle van Covid-19 is Maandag in isolasiegeriewe in Nieu-Seeland aangemeld, 94 dae nadat die laaste geval van die siekte in die land aangemeld is.

Die eerste nuwe geval is 'n tiener wat Nieu-Seeland op 29 Julie uit Amerika binnegekom het. Hy is positief vir die virus getoets op dag drie in die isolasiegeriewe in die Sudima-hotel in Auckland. Hy is sedertien na kwarantyngeriewe geskuif.

Die tweede geval is 'n man in sy 20's wat op 20 Julie via Seoel en Amsterdam van Switserland af gereis het. Hy is ook op die derde dag van sy verblyf in die Sudima-hotel getoets. Die toets was negatief. Hy is positief getoets toe hy die tweede standaardtoets ondergaan het.

Daaris tans 27 aktiewe gevalle in die land se beheerde isolasie- en kwarantyngeriewe. Niemand word tans in enige hospitaal in die land vir die siekte behandel nie.

Die getal bevestigde gevalle in die land is met die jongste gevalle aangepas na 1 217. 

Kry meer inligting hier.
Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.