Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 133: 306 sterftes, 8 307 nuwe infeksies in SA

Dit is dag 132 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 3.


Hier volg die jongste verwikkelinge:

06 Aug. 22:57:27

Jongste sterftes volgens provinsies:

Van die 306 nuwe sterfgevalle is 66 in die Oos-Kaap aangeteken, 75 in Gauteng, 78 in KwaZulu-Natal, 46 in die Wes-Kaap, 23 in die Vrystaat en 18 van die Noord-Kaap.


06 Aug. 22:56:09

06 Aug. 22:05:58

Jongste syfers

Daar is nou 538 184 bevestigde gevalle van die koronavirus – die afgelope 24 uur is 8 307 gevalle aangemeld teenoor 8 559 die vorige dag.

306 nuwe sterfgevalle is aangeteken – die sterftesyfer staan tans op 9 604. 

06 Aug. 20:03:58

'Geen land sal veilig wees totdat ons almal veilig is nie'

Ekonomiese herstel wêreldwyd sal vinniger plaasvind as 'n entstof teen die koronavirus aan almal beskikbaar gestel word, het dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Donderdag op 'n aanlyn paneelbespreking gesê.

"Om entstowwe of ander middele te deel, help die wêreld om saam te herstel. Die ekonomiese herstel sal dus vinniger wees en die skade van Covid-19 minder."

Ghebreyesus het Maandag gesê die koronavirus is die grootste mediese noodgeval sedert die vroeë twintigste eeu en dat die internasionale wedloop om 'n entstof te vind "ongekend is".

"Geen land sal veilig wees totdat ons almal veilig is nie," het Ghebreyesus gesê. ''Ons moet die oomblik aangryp en saamstaan om Covid-19 met internasionale solidariteit te beheer." - Reuters

06 Aug. 19:32:44

Covid-19: Meer as 350 sterf in VS, meeste in mynstreek

Altesaam 350 sterftes aan Covid-19 is tot dusver in die Vrystaat aangemeld, die meeste in Lejweleputswa waar die myne van die Goudveld is. Só sê Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement.

Lees die volledige berig hier.
06 Aug. 19:31:56

'As infeksies daal, kan drank en tabak oorweeg word'

Die verbod op die verkoop van drank en tabakprodukte sal geld totdat Suid-Afrika se Covid-19-getalle begin afneem, sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Lees die volledige berig hier.
06 Aug. 18:38:18

Die hof verdaag en uitspraak word voorbehou.

Regters Elize Steyn, Tandaswa Ndita en Hayley Slingers het geen aanduiding gegee van wanneer uitspraak verwag kan word nie.

06 Aug. 17:00:45

Tabaksaak hervat

Adv. Karrisha Pillay is weer aan die beurt in die hooggeregshof in Kaapstad nadat die hof vir 15 minute verdaag het. Sy sê sy gaan die hof vir nog 10 minute toespreek, dan is die argumente van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en die president voltooi in die aansoek van Batsa en nege ander applikante teen die verbod op tabakverkope.

06 Aug. 16:40:47

Lamola lei  interministeriële komitee

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, sal die interministeriële komitee (IK) lei wat alle bewerings van korrupsie rondom Covid-19-tenders namens die kabinet moet ondersoek.

Pres. Cyril Ramaphosa het dit Donderdagmiddag bevestig in ‘n verklaring en bygevoeg dat hy die komitee aangestel het nadat die kabinet Woensdag ‘n besluit daaroor geneem het.

Lamola sal later Donderdagmiddag ‘n nuuskonferensie hou om onder meer uit te brei oor die besluite wat die kabinet geneem het.

Luidens die verklaring het Ramaphosa alle ministers en premiers versoek om dringend vandeesweek nog al die nodige inligting oor die name van maatskappye en besonderhede oor tenders en kontrakte wat hulle tydens die staat van inperking toegeken het, aan die komitee te verskaf.

Ander ministers wat saam met Lamola in die komitee sal dien, is Jackson Mthembu, minister in die presidensie, Tito Mboweni, minister van finansies, Bheki Cele, minister van polisie, Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie, en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

06 Aug. 15:59:15

Beweerde bedrog met PBT’s moet ondersoek word – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n ondersoek gelas na beweerde tenderbedrog met persoonlike beskermende drag. Ses kabinetsministers sal ondersoek instel na tenders wat met die koronavirus verband hou, berig die nuusdiens eNCA.

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.