Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 138: 2 511 nuwe infeksies, 130 sterftes die afgelope 24 uur

Dit is dag 132 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 3 van inperking.

  • IN 'N NEUTEDOP

  • Daar is nou meer as 20 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle in die wêreld volgens data van die Johns Hopkins-Universiteit en Reuters.

  • Rusland het Dinsdag aangekondig dat hy die eerste enstof teen Covid-19 geregistreer het. Die entstof is egter nie aan die laaste fase van kliniese toetse onderwerp nie.

  • Nieu-Seeland het Dinsdag, net meer as 100 dae nadat die laaste Covid-19-geval in die land aangeteken is, aangekondig dat daar vier nuwe gevalle in Auckland is.


Hier volg die jongste verwikkelinge:

11 Aug. 22:09:19

‘Belowende tekens’ van afname, maar nog ’n piek kan wink

Daar is “belowende tekens” dat Suid-Afrika sy piek in koronavirusgevalle bereik het, maar dit is nog te vroeg om te sê of dit ’n deurlopende afname is.

Lees die volledige berig hier.
11 Aug. 21:34:48

11 Aug. 20:52:34

Vrystaat staal hom vir Covid-19-piek, wyl dodetal styg

Met die piek van die huidige vlaag van Covid-19 in die Vrystaat wat volgens modelle aanstaande week verwag word, is 414 mense reeds aan dié siekte in die provinsie dood. Dit lyk ook asof die virus sy kloue by ouetehuise in die provinsie ingeslaan het met al hoe meer bejaardes wat positief vir die virus getoets is.

Lees die volledige berig hier.
11 Aug. 20:50:42

Virus-piek in Gauteng dalk eers in November – premier

Nadat dinge in Junie en Julie in Gauteng met die Covid-19-pandemie “baie, baie moeilik” was, begin dit nou beter lyk – al sal die pandemie waarskynlik eers teen November sy piek in die ekonomiese hartland van Suid-Afrika bereik.Só het David Makhura, Gauteng se premier, Dinsdag op ’n aanlyn sitting van die Gautengse wetgewer gesê.

Lees die volledige berig hier.
11 Aug. 14:48:51

'n Wetenskaplike werk in 'n laboratorium in Moskou aan die entstof vir Covid-19 wat in Rusland goedgekeur is. Foto: Reuters

11 Aug. 14:48:15

'n Tydelike klaskamer word by die Rice-Universiteit in Houston in die Amerikaanse deelstaat Texas gebou. Dit sal studente help om 'n veilige afstand van mekaar te hou. Foto: Reuters

11 Aug. 13:48:16

Dogter (24) dood nadat hele gesin Covid-19 kry

’n Hegte gesin van Lentegeur, Mitchells Plain, is gebroke nadat Covid-19 een van hul gesinslede geëis het.

Leighshe Paulsen (24) is verlede Woensdag dood nadat haar hele gesin – ouers, broer en skoonsuster – almal Covid-19 opgedoen het.

“Ons is gebroke, maar ons weet Leighshe se saak met die Here was reg,” sê haar ma, Gail Paulsen, wat die eerste lid van die gesin was wat simptome van die siekte getoon het.

Lees die hele berig hier.
11 Aug. 13:34:39

Infeksies in Sydney begin stabiliseer

Sydney in Australië het Dinsdag aansienlik minder nuwe infeksies aangeteken. Dit bring hoop dat die hoeveelheid mense wat Covid-19 onder lede het, nie meer so vinnig styg nie en dalk besig is om te stabiliseer.

Dit is goeie nuus vir die land nadat 'n tweede golf van infeksies met die virus owerhede gedwing het om die stad Melbourne weer in te perk.


– Reuters
Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.