Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 164: 1 633 nuwe gevalle, 110 sterftes in SA aangemeld

Dit is dag 164 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 2 met 638 517 infeksies en 14 889 sterftes. 


06 Sep. 21:11:32

06 Sep. 21:09:40

Franse syfer sak effens terug  

Die 7 071 nuwe koronavirusgevalle wat Sondag in Frankryk aangemeld is, is laer as Saterdag se syfer van 8 550 en Vrydag se 8 975. Vrydag se infeksiesyfer was ‘n nuwe hoogtepunt nadat die land reeds ‘n paar maande gelede sy piek bereik het.

Altesaam 324 777 mense het tot dusver die virussiekte opgedoen, terwyl dit reeds die lewe van 30 701 mense geëis het.

06 Sep. 20:33:19

Skinder is 'n plaag erger as Covid-19

'n Geskinder is 'n “plaag veel erger as Covid-19”, het pous Franciskus Sondag in sy preek by die St. Petrusplein in die Vatikaanstad gesê.

“Wanneer ons 'n broer of suster sien wat 'n fout maak of 'n gebrek het, is die eerste ding wat ons doen om iemand anders daarvan te vertel. Ons skinder.”

Die Pous het verder in sy preek gesê 'n geskinder benadeel die gemeenskap van die kerk, dit met die duiwel vergelyk en gesê die leuenaar wil die kerk verdeel. – AlJazeera

06 Sep. 20:33:03

Jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 1 633 nuwe koronavirusinfeksies aangemeld.

Die totale bevestigde gevalle staan op 638 517.

110 nuwe sterfgevalle is in dieselfde tyd aangemeld, wat die sterftesyfer op 14 889 te staan bring.

Daar is 31 mense in KwaZulu-Natal dood, 24 in Gaugeng, 7in die Oos-Kaap, 9 in die Vrystaat, 1 in die Wes-Kaap en 38 van Mpumalanga.  

06 Sep. 18:31:27

Italië kan maatreëls verleng

Maatreëls om die verspreiding van die koronavirus in Italië te bekamp, sal heel moontlik tot einde September verleng word. Die aanvanklike maatreëls verval Maandag, maar volgens mediaberigte gaan Giuseppe Conte, die premier, die maatreëls soos die dra van maskers en handhawing fisieke afstand tot einde vandeesmaand verleng.

06 Sep. 18:31:01

Tot 3 000 kan per dag in Amerika sterf

Sterftes in Amerika weens die koronavirus kan teen einde vanjaar 410 000 wees, volgens 'n vooruitskatting van die Universiteit van Washington se gesondheidsinstituut.

Teen Desember kan die sterftesyfer tot 3 000 per dag styg.

Die sterftesyfer kan met 30 persent verminder word indien Amerikaners maskers dra, maar die dra van maskers is aan't verminder, luidens die universiteit se instituut vir gesondheidsmetriks en evaluasie.

Die huidige sterftekoers is sowat 850 per dag. – Reuters

06 Sep. 17:21:45

06 Sep. 16:07:05

Oudpremier stoei nog met Covid-19

Silvio Berlusconi, oudpremier van Italië, “reageer optimaal” op behandeling teen die Covid-19-virussiekte, maar het nog nie volkome herstel nie.

Dr. Alberto Zangrillo, Berlusconi se persoonlike dokter, het Sondag aan AP gesê hy is versigtig optimisties oor Berlusconi se herstel.

Die 83-jarige oudpremier het 'n geskiedenis van hartprobleme en het 'n pasaangeër. Hy is verlede week positief vir die koronavirus getoets en Vrydag met 'n longinfeksie in die San Raffaele-hospitaal in Milaan opgeneem.

06 Sep. 14:46:28

06 Sep. 14:46:12

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.