Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 165: 845 nuwe infeksies; SA verby 15 000-merk met sterftes

Dit is dag 165 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 2 met meer as 630 000 kumulatiewe gevalle en meer as 15 000 sterftes.

So lyk Suid-Afrika se jongste syfers wat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandagaand bekend gemaak het:

Hier volg die jongste verwikkelinge:

07 Sep. 22:54:25

07 Sep. 22:28:08

07 Sep. 22:20:25

07 Sep. 22:15:05

Dié missie is g’n onmoontlik

Verfilming aan Mission: Impossible 7 is Maandag hervat nadat die koronavirus-pandemie verfilming in Februarie opgeskort het, berig SkyNews.

Die akteur Tom Cruise en die rolprentspan was in Venesië toe die pandemie in Europa uitbreek. Die regisseur van MI7 het Maandag op sy Instagram-rekening ‘n foto gedeel met die onderskrif “Aksie … #MI7 Dag 1.”

07 Sep. 22:14:06

View this post on Instagram

Action... #MI7 Day 1

A post shared by Christopher McQuarrie (@christophermcquarrie) on

07 Sep. 21:59:10

500 000 gevalle in Spanje

Spanje het Maandag die eerste land in Wes-Europa geword om 'n halfmiljoen bevestigde koronavirusgevalle aan te meld.

Volgens data wat deur die departement van gesondheid uitgereik is, is 2 440 nuwe infeksies die afgelope 24 uur aangemeld. Daar is kumulatief reeds 535 549 gevalle in die land.

Onlangse infeksies kom veral onder jeugdiges voor, wat weens hul sterker immuniteitstelsels geen simptome ontwikkel nie.

Die sterftesyfer het ondanks die tweede vlaag van infeksies ook nog nie die sterftesyfer oorskrei wat met die piek, soms meer as 800 sterftes per dag, bereik is nie. – Reuters

07 Sep. 21:59:01

07 Sep. 21:43:19

Vrywilligers kan Russiese entstof toets

Rusland sal vandeesweek sy Covid-19-entstof aan vrywilligers begin beskikbaar stel, berig Reuters.

Die vrywilligers is deel van die kliniese toetsing nadat die entstof geregistreer is, het die nuusagentskap Tass berig.

07 Sep. 21:21:27

CoronaVac ‘veilig’ vir gebruik op ouer mense

Die Chinese maatskappy Sinovac Biotech Ltd sê sy potensiële koronavirus-entstof, CoronaVac, blyk veilig te wees om op ouer mense te gebruik, volgens voorlopige data uit die vroeë tot middelfases van kliniese toetse.

Vier van die agt entstowwe wat wêreldwyd ontwikkel word en in die derde fase van kliniese toetsing is, word in China vervaardig, berig Reuters.

07 Sep. 20:44:10

Jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 845 nuwe koronavirusinfeksies aangemeld.

Die totale bevestigde gevalle staan op 639 362 teenoor Sondag se syfer van 638 517.

115 nuwe sterfgevalle is in dieselfde tyd aangemeld, wat die sterftesyfer op 15 004 te staan bring.

Daar is 25 mense in KwaZulu-Natal dood, 5 in Gaugeng, 12 in die Oos-Kaap, 7 in die Vrystaat,10 in Noordwes, 13 in die Wes-Kaap en 43 in Limpopo.  

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.