Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 173: 1 555 nuwe gevalle, 13 sterftes in SA aangemeld

Dit is dag 173 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 2 met meer as 650 749 kumulatiewe gevalle en 15 499 sterftes.

Hier volg die jongste verwikkelinge:

20 Sep. 20:21:02

Suid-Afrika: jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 1 555 nuwe koronavirusinfeksies aangemeld.

Die totale bevestigde gevalle staan op 661 211.

13 nuwe sterfgevalle is in dieselfde tyd aangemeld, wat die sterftesyfer op 15 953 te staan bring. Daar is 3 mense in die Oos-Kaap dood, 1 van KwaZulu-Natal, 3 van Gauteng en 6 van die Wes-Kaap.

15 Sep. 22:29:32

So lyk regulasies vir heropening van skole

Wysigings aan die rampbestuurregulasies vir die heropening van skole en maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, is Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer

Lees die volledige berig hier.
15 Sep. 22:26:07

Die jongste syfers wêreldwyd:

Teen Dinsdag 22:00 het die kumulatiewe koronavirusgevalle wêreldwyd op 29 391 667 gestaan.

Die sterftesyfer was 930 700 met die meeste sterftes in Amerika (195 386), Brasilië (132 006) en Indië (71 049).

Die lande met die meeste infeksies is:

1. Amerika (6 590 827)

2. Indië (4 930 236)

3. Brasilië (4 345 610)

4.Rusland (1 069 873)

5. Peru (733 860)

6. Colombië (721 892)

7. Mexiko (671 716)

8. Suid-Afrika (650 749) 

9. Argentinië (565 446)

10. Chili (437 983)

Klik hier vir die jongste data.
15 Sep. 22:10:18

15 Sep. 22:09:30

Jongste syfers in Suid-Afrika

Daar is nou 651 521 bevestigde gevalle van die koronavirus – die afgelope 24 uur is 772 gevalle aangemeld.

142 sterfgevalle is die afgelope 24 uur aangemeld. 15 641 mense is al aan die virussiekte dood. 

Die sterftes volgens provinsie:

KwaZulu-Natal 16

Gauteng 12

Oos-Kaap 4

Wes-Kaap 13

Noord-Kaap 11

Mpumalanga 19

Limpopo 67

15 Sep. 21:59:18

15 Sep. 21:32:04

Wêreld 'nog aan begin' van pandemie, maan WGO-gesant

Die wêreld is nog aan die begin van die koronaviruspandemie, het 'n spesiale gesant van die Wêreldgesondheidsorganisasie Dinsdag gesê.

Dr. David Naborro het in 'n sitting van Brittanje se komitee oor buitelandse sake gesê die situasie is “aaklig en grotesk”. Hy het aan LP’s gesê dinge is erger as in enige wetenskapfiksie.

“Dit is regtig ernstig – ons is nog nie eens in die middel daarvan nie. Ons is nog aan die  begin.

“Ons begin ook nou sien watter skade aan die wêreld aangerig word. Dit word al leliker soos ons in Europa nou in ‘n fase is waar die ding (die pandemie) weer terugkeer.” – The Guardian

15 Sep. 21:10:02

15 Sep. 20:52:18

Kerkleiers hou stille protes teen korrupsie by Uniegebou

“Kerke het waarskynlik die grootste invloed as ons ons nie van die res van die samelewing wil afsonder nie.”

Só sê biskop Malusi Mpumlwana, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), Dinsdag tydens ’n openbare “stilte-optrede” teen Covid-19-korrupsie.

Verskeie kerkleiers in Gauteng het saam met Mpumlwana by die Uniegebou in Pretoria byeengekom.

Lees die volledige berig hier.
15 Sep. 20:34:07

Land hou asem op vir #Vlak1

Alles dui daarop dat Suid-Afrika binnekort na vlak 1 van die staat van inperking sal beweeg, wat onder meer die opheffing van die aandklokreël en die herinstelling van internasionale reise kan behels. Die verwagting is dat pres. Cyril Ramaphosa teen Woensdag of later die week die nasie sal toespreek oor die volgende stap in verband met die inperking.

Lees die volledige berig hier.
Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.