Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 174: 1 923 nuwe gevalle met vlak 1 wat binne dae wink

DAG 174

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag die land toegespreek oor die jongste verwikkelinge rondom Suid-Afrika se risiko-aangepaste reaksieplan teen die koronaviruspandemie. Hy het aangekondig die land skuif Sondag na vlak 1. 


16 Sep. 21:51:18

‘Nuus oor internasionale reis die wenner op vlak 1’

Politieke ontleders sê die plaaslike toerismebedryf was die grootste wenner van pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Woensdagaand dat die land Sondag om middernag na vlak 1 van die inperking sal beweeg.

Lees die volledige berig hier.
16 Sep. 21:50:40

‘Vlak 1 toe ná ses maande se swaarkry’ – Ramaphosa

Deur saam te staan het Suid-Afrikaners die storm van die Covid-19-pandemie weerstaan en daarom kan die inperkingsvlak nou ná ses maande van swaarkry tot vlak 1 verlaag word. Dit is van Sondagnag om middernag van krag.

Lees die volledige berig hier.
16 Sep. 21:49:43

16 Sep. 21:02:00

16 Sep. 20:50:33

Jongste syfers in Suid-Afrika

Daar is nou 653 444 bevestigde gevalle van die koronavirus – die afgelope 24 uur is 1 923 gevalle aangemeld.

64 sterfgevalle is die afgelope 24 uur aangemeld. 15 705 mense is al aan die virussiekte dood. Die sterftes volgens provinsie: KwaZulu-Natal 24, Gauteng 14, Noord-Kaap 6, Wes-Kaap 9, Noord-Kaap 6, Mpumalanga 11. 


16 Sep. 20:46:40

16 Sep. 19:50:35

Ons kan almal saam dans op ‘Jerusalema’

Erfenisdag word binnekort gevier.

Hy vra dat almal die vakansiedag as familietyd gebruik om na te dink oor die moeilike reis waardeur ons almal is en om diegene wat dood is, te gedenk.

Daar kan geen beter manier wees om ons Suid-Afrikaansheid te vier deur ook die Jerusalema-dansuitdaging op Erfenisdag te doen en aan die hele wêreld te wys waartoe ons in staat is nie.

Ons kunstenaars het aan die wêreld gewys dat ons goeie musiek en danspassies het.

Laat ons dit saam vier.

Mag God aanhou om ons mooi land Suid-Afrika en haar mense te seën. 

Dankie.

16 Sep. 19:48:01

Ons moet saamstaan om ’n 2de golf te keer

Ons kan nie ’n tweede golf bekostig nie omdat dit verwoestend vir die land sal wees. Dit hang nou van elke Suid-Afrikaner af om te verseker dat dit nie gebeur nie.

Ons moet nou alles moontlik doen om te verhoed dat ons ander aansteek. Dit is hoe ons onsself veilig en die ekonomie oop sal hou.

Ramaphosa beklemtoon dat mense maskers in die openbaar moet dra. Maak seker dit bedek jou neus en mond. Handhaaf ook ’n veilige afstand van 1,5 m in die openbaar.

Was gereeld hande. Laai die Covid Alert-app af om ons en ons families te beskerm.

16 Sep. 19:42:18

Pandemie lê omvang van korrupsie bloot

Die pandemie het ook die omvang van korrupsie in die samelewing ontbloot.

Goeie vordering word deur die Spesiale Ondersoekeenheid gemaak in die ondersoek na korrupsie.

Die eerste verslag is reeds aan Ramaphosa oorhandig.

Sodra die eenheid sy ondersoeke afgehandel het, sal die bevindings openbaar gemaak word.

Die nasionale vervolgingsgesag moet nou sy werk doen om oortreders aan te kla.

Alle tenders vir die aankoop van goedere en dienste vir die pandemie is nou ook deursigtig en word op die tesourie se webtuiste gepubliseer.

16 Sep. 19:39:00

Stryd teen geslagsgegronde geweld duur voort

Ramaphosa sê geslagsgegronde geweld het onverhinderd deur die pandemie voortgegaan.

Die regering is vasberade om dit te beveg.

30 brandpunte is landwyd geïdentifiseer waar hierdie probleem die ergste is. Volgens hom sal ondersteuningsdienste vir slagoffers in die brandpunte versterk word.

Die Thuthuzela-model van sorgsentrums vir slagoffers sal na alle provinsies uitgebrei word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.