Nederland teken telkens nuwe rekords aan
'n Rekordgetal nuwe bevestigde koronavirusinfeksies van 2 995 is Sondag in Nederland aangeteken.
Die land is tans in die greep van 'n tweede golf van infeksies.
Sedert die middel van September word byna daagliks nuwe rekordgetalle van nuwe bevestigde koronavirusinfeksie aangeteken.
Die vorige rekord – 2 777 – is Vrydag aangeteken.
Nederland het tans 113 518 kumulatiewe gevalle.
Die sterftesyfer is 6 374. – Reuters