Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 188: 1 767 nuwe gevalle, 67 sterftes

Dit is dag 188 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 1 met meer as 670 000 infeksies en byna 17 000 sterftes.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het die jongste syfers Woensdagaand laat bekend gemaak:

Hier volg die jongste verwikkelinge:

30 Sep. 22:04:30

Jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 1 767 nuwe bevestigde infeksies aangemeld, wat die totaal op 674 339 te staan bring.

Daar was in dieselfde tyd 67 sterftes, die sterftesyfer in Suid-Afrika is nou 16 667.

30 Sep. 21:50:40

30 Sep. 21:31:34

30 Sep. 19:20:51

Entstof toon belowende resultate vir ouer mense

Die resultate van ’n vroeë veiligheidstudie van Moderna se voorgestelde Covid-19-entstof by ouer volwassenes het getoon dat dit teenliggaampies produseer op vlakke soortgelyk aan dié wat by jonger volwassenes gesien is, het navorsers Dinsdag gesê.

Dié biotegnologie-maatskappy in Amerika het ook bekend gemaak dat die entstof newe-effekte toon wat ooreenstem met dié van ’n griepinspuiting met ’n hoë dosis.

Volgens dr. Evan Anderson, een van die hoofnavorsers van die Emory-Universiteit in Atlanta, is die bevindinge gerusstellend omdat die mens se immuniteit geneig is om met ouderdom te verswak.

Die studie, wat in die vaktydskrif New England Journal of Medicine gepubliseer is, bied ’n meer omvattende blik op die veiligheid van die entstof vir ouer volwassenes, ’n groep met ’n verhoogde risiko om ernstige komplikasies te kry as hulle Covid-19 opdoen.

Lees meer
30 Sep. 18:09:02

Entstof kan binne 6 maande hier wees, sê prof

’n Entstof vir die koronavirus kan binne die volgende ses maande reeds op die mark beskikbaar wees.

So het prof. Jeffrey Mphahlele, adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, op ’n virtuele mediakonferensie oor Covid-19, wat deur MTN aangebied is, gesê.

“Daar sal ook sommige mense wees wat bang is om die entstof te gebruik, en sal die ruimte vir steeds grootskaalse verspreiding (van die virus) laat,” het Mphahlele gesê.

Volgens hom sal die entstowwe vir Suid-Afrika, wat as ’n Derdewêreldland beskou word, gesubsidieer word omdat die land nie noodwendig die geld het om dit aan te koop nie. Dit is nog nie seker wie die subsidie sal betaal nie.

Volgens Mphahlele is dit nog onseker hoe lank die immuniteit van iemand wat van die virussiekte herstel het, hou.

“Daarom sal mense wat reeds die virus onder lede gehad het, steeds ingeënt moet word.”

Lees meer
30 Sep. 17:01:06

Dit is die einde van die nuuskonferensie.

30 Sep. 17:00:52

Duitse toeriste onderweg na SA

Mbalula sê alle lande wat toegelaat word om na Suid-Afrika te vlieg, is oor die nuwe reëls ingelig.

“Ons weet daar is môre ’n groep Duitse toeriste wat in die land aankom. Ons spanne is gereed vir hulle. Hulle moet net aan al die vereistes voldoen. Lugdienste weet ook presies wat in Suid-Afrika verwag word.”

30 Sep. 16:58:31

‘Ons wil ondernemings wat sukkel help’

Mbalula sê daar is baie klein en middelslagondernemings wat weens die pandemie in die moeilikheid is.

Die R500 miljard-stimuluspakket was juis bedoel om sulke ondernemings te help. Hy sê baie het egter nog nie die geld opgeëis nie.

Mbalula sê daar was net ’n spesiale bedeling vir die  ongereguleerde en informele taxibedryf.

“Ons is nog in gesprek daaroor. Dit is iets wat ons doen, maar wat ons nie verplig is om te doen nie. Maar hulle is in die moeilikheid en ons as die regering wil help.”

Mbalula sê geregistreerde ondernemings in die vervoerbedryf wat sukkel en nog nie aansoek om hulp gedoen het nie, kan die departement van vervoer kontak.

Net so is toerisme-maatskappye ook tydelik bygestaan deur die departement van toerisme.

“Ons sal bly wees om sukkelende maatskappye te help.”

30 Sep. 16:54:13

Streng reëls geld om ‘ongewenstes’ uit SA te hou

Motsoaledi sê die departement van binnelandse sake het spanne wat 24 uur per dag werk en lyste kry van alle passasiers wat na Suid-Afrika kom.As daar ongewenste mense op ’n vlug is, kan ons net aan die lugdiens sê dat daardie persoon nie na Suid-Afrika mag kom nie.

Lugdienste neem ook alle lande se vereistes en reëls in ag en sal nie met passasiers vlieg wat nie aan die bestemming se reëls voldoen nie.

Indien hulle nie toesien dat dit gebeur nie, moet die lugdiens sulke mense op hul eie onkoste na die land van herkoms terugvlieg.

Soms lê ons selfs sulke lugdienste boetes op.

Al hierdie dinge word dus streng beheer.

As iemand sonder ’n sertifikaat hier aankom, moet die lugdiens en daardie persoon verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Nie ons nie.

30 Sep. 16:47:53

Vervoer van passasiers oor grense

Mbalula sê oorgrenspassasiersvervoer word van 1 Oktober toegelaat.

Alle eienaars van oorgrens-padvervoermaatskappye moet egter aan alle gesondheidsprotokolle voldoen. So ook passasiers en vragmotorbestuurders.Mbalula se regulasies hieroor sal later uitgereik word.

Motsoaledi sê oorgrensvragvervoer word reeds toegelaat en dat hulle selfs gedurende strenger vlakke van inperking nie gestop is nie. Hulle kon deur al 18 landgrense wat oop is, gaan.

Ons laat nou net passasiers toe om dit ook te kan doen.

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.