Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 206: Mkhize 'optimisties' hy en sy vrou sal van Covid-19 herstel

Dit is dag 206 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 1 met meer as 700 000 infeksies en byna 18 500 sterftes.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

18 Okt. 22:38:20

18 Okt. 21:56:30

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en sy vrou, dr. May Mkhize. Foto: TWITTER

18 Okt. 21:51:05

18 Okt. 21:36:45

Mkhize in self-isolasie ná positiewe toets

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en sy vrou, dr. May Mkhize, het Covid-19 opgedoen.

Mkhize het dit Sondagaand in ’n verklaring aangekondig.

Luidens die verklaring het hy en sy vrou, Saterdag begin om ligte simptome te ervaar. “Ek het uitermate uitgeput gevoel en ook my eetlus verloor.”

Sy vrou het gehoes, was duiselig en was ook uitermate moeg.

Mkhize sê dokters het aanbeveel dat sy vrou in ’n hospitaal opgeneem word vir waarneming en ook sodat sy nie ontwater nie.

Hy sê hulle het reeds die paar familielede en werknemers van die departement van gesondheid waarmee hulle die afgelope week in aanraking was van die diagnose ingelig.

Mkhize is in self-isolasie by sy huis. Hy het die mense met wie hulle in aanraking was aangeraai om ook hulself te isoleer en te laat toets vir die koronavirus.

“Ons bly optimisties dat ons ten volle van die virus sal herstel.” Mkhize het ‘n beroep op die publiek gedoen om gehoor te gee aan die reëls om te verhoed dat die koronavirus versprei.

“Moenie vergeet om ’n masker te dra, ’n veilige sosiale afstand te handhaaf en gereeld julle hande te was nie.” Mkhize sê dat Suid-Afrikaners nie dit gering moet ag dat ’n tweede golf van die dodelike koronavirus die land kan tref nie.

“Ons moet almal ons deel doen om onsself en ons geliefdes teen die virus te beskerm.”


18 Okt. 21:28:24

18 Okt. 21:16:34

18 Okt. 21:15:42

Switserland staal hom teen 2de vlaag

Switserland het Sondag strenger maatreëls aangekondig in reaksie op die tweede vlaag van koronavirusinfeksies in die land.

Die dra van maskers is nou verpligtend in alle binnenshuise openbare gebiede en byeenkomste van meer as 15 mense is van Maandag verbode.

Mense word ook aangeraai om sover moontlik tuis te werk.

“Die koronavirus-infeksiekoers het baie vinnig toegeneem,” het pres. Simonetta Sommaruga Sondag in Bern gesê.

“Anders as voorheen word alle kantons geraak en alle ouderdomsgroepe.

“Met winter om die draai is dit baie belangrik om die verspreiding van die virus te vertraag. Elke dag tel.”

Switserland, met ‘n bevolking van 8,6 miljoen, het Vrydag die hoogste getal nóg – 3 105 – nuwe infeksies aangemeld.

74 422 mense is tot dusver met die virus besmet en 1 823 is dood.

Sommaruga het gesê die regering is gereed om strenger maatreëls in te stel indien die nuwe maatreëls nie werk nie. – Reuters

18 Okt. 19:50:02

Italië wag op nuwe maatreëls teen 2de golf

Die Italiaanse regering sal na verwagting later Sondagaand nuwe maatreëls bekend maak om die tweede golf van die koronavirus in die land te trotseer.

Sondag is ’n rekordgetal nuwe gevalle op een dag – 11 705 – in die land aangemeld, 780 meer as die 10 925 wat Saterdag aangemeld is.

Italië kon teen die Europese somer infeksies in bedwang bring met streng inperkingsmaatreëls.

Met die tweede golf infeksies is nuwe maatreëls soos die dra van maskers en beperkings op openbare byeenkomste reeds ingestel. – Reuters

18 Okt. 17:40:09

18 Okt. 17:36:40

SA en Indië se versoek oor entstof kry steun

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie, sê hy verwelkom Suid-Afrika en Indië se gesamentlike voorstel aan die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) dat daar universele toegang moet wees tot koronavirusentstowwe.

Die twee lande se voorstel is verlede week verwerp op ’n vergadering van die WHO se raad vir die handelsverwante aspekte van intellektuele eiendomsreg.

Die voorstel sal nou informeel tussen lidlande bespreek word en kan dalk voor die einde van die jaar weer voorgelê word.

Suid-Afrika en Indië versoek die WHO om die internasionale en intellektuele eiendomsreg oor koronavirus-entstowwe, -behandelings en -toetse te verslap.

Dit sal minder welgestelde lande in staat stel om entstowwe op dieselfde vlak as welgestelde lande onder hul burgers te versprei.Livemint.com berig dat tot 379 gemeenskapsorganisasies, onder meer Oxfam en Dokters sonder Grense, ’n brief aan die WHO geskryf het ter ondersteuning van Indië en Suid-Afrika se voorstel.

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.