Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 210: 2 156 nuwe gevalle, 102 sterftes in SA aangemeld

Dit is dag 210 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 1 met meer as 700 000 kumulatiewe gevalle en byna 19 000 sterftes.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

22 Okt. 21:57:56

Trump toets negatief vir virus

Pres. Donald Trump van Amerika is negatief getoets vir die koronavirus voor sy debat met oud-visepres. Joe Biden, die Demokratiese Party se presidentskandidaat, het Mark Meadows, die Withuis se stafhoof, Donderdag gesê.

22 Okt. 21:09:30

22 Okt. 21:07:38

2 156 nuwe gevalle in SA 

2 156 nuwe koronavirusgevalle is die afgelope 24 uur in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die kumulatiewe syfer op 710 515 te staan.

102 nuwe sterfgevalle is ook aangemeld. Dit sterftesyfer is nou 18 843. Uit die 102 sterftes is 20 die afgelope 48 uur aangemeld. 

22 Okt. 21:03:53

Effens minder nuwe infeksies in Brittanje

Die 21 242 nuwe koronavirusgevalle wat Donderdag in Brittanje aangemeld is, is laer as die 26 688 gevalle wat Woensdag aangemeld is.

Patrick Vallance, die hoof- wetenskaplike raadgewer in Brittanje, het vroeër Donderdag gesê daar is bewyse dat die vlakke van koronavirusinfeksies in sommige dele van die land besig is om af te plat.

Volgens Vallance wys die jongste modelle dat tussen 53 000 tot 90 000 nuwe infeksies moontlik daagliks voorkom. – Reuters

22 Okt. 21:03:32

Rekordgetal infeksies in Italië

Italië het Donderdag weer ‘n rekordgetal infeksies aangeteken.

Die 16 079 nuwe gevalle is die hoogste getal infeksies sedert die koronavirus vroeër vanjaar in die land uitgebreek het.

Woensdag is 15 199 gevalle aangemeld.

Die 136 sterftes wat Donderdag aangemeld is, is steeds heelwat laer as die meer as 900 sterftes wat tydens die piek van die eerste vlaag van die virus in Maart en April in die land aangeteken is.

22 Okt. 20:11:41

Kommer oor baie oortollige sterftes in Oos-Kaap

Die meer as 10 000 oortollige sterftes wat volgens die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing in die Oos-Kaap aangemeld is, kan moontlik toegeskryf word aan Covid-19.

Volgens dié raad se jongste syfers is daar 10 489 oortollige sterftes in dié provinsie aangemeld.

Die raad bepaal die oortollige sterftesyfers deur die werklike getal sterftes te vergelyk met die verwagte getal sterftes, gegrond op historiese data van 2018 en 2019.

Klik hier om die volledige berig te lees.
22 Okt. 19:17:00

Robot help geliefdes om met Covid-19-pasiënte te gesels

Die families van Covid-19-pasiënte in die Tygerberg-hospitaal kan nou danksy tegnologie met hul geliefdes gesels en hulle groet in ’n tyd dat dit vir baie nie moontlik is nie.

Terwyl hospitaalbesoeke taboe is, word ’n robot nou by die hospitaal ingespan om Covid-19-waakeenheidpasiënte met hul families te verbind wanneer dit sleg gaan en hulle desperaat vir kontak is.

Die robot, Quintin, wat dokters in die Covid-19-waakeenheid bygestaan het, help nou sodat familielede en pasiënte in die waakeenheid met mekaar kan gesels.

En in sommige gevalle maak Quintin dit moontlik vir mense om mekaar ’n laaste keer te groet

Klik hier om die volledige berig te lees.
22 Okt. 19:15:49

Deurry-toetssentrum vir Covid-19 open naweek in Kaap

Mense sal hulself binnekort by ’n nuwe deurry-sentrum in die V&A Waterfront in Kaapstad kan laat toets vir Covid-19. Die nuwe toetssentrum, wat die Waterfront Saterdag saam met Dis-Chem bekend stel, sal mense in staat stel om op weeksdae getoets te word en ’n dag later die uitslag te kry.

Klik hier om die volledige berig te lees.
22 Okt. 19:13:52

SA’ners moeg vir virus en regulasies, wys opname

Mense is moeg vir Covid-19 en verslap al hoe meer hul waaksaamheid om voorsorgmaatreëls te tref om die verspreiding van die virus te bekamp.

Dít is een van die bevindinge van die jongste opname wat deur die sentrum vir maatskaplike verandering van die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Geesteswetenskaplike Navorsingsraad (HSRC) gedoen is.

Die hoofpunte van die bevindinge is Donderdag deur die UJ en HSRC bekend gemaak.

Die opname is tussen 3 Julie en 8 September gedoen en 7 966 mense het daaraan deelgeneem.

Daarin word genoem dat mense moeg geword het vir die Covid-19-regulasies en dat dit die risiko verhoog dat die virus kan versprei.

Klik hier om die volledige berig te lees.
22 Okt. 19:13:01

Koronavirus in Wes-Kaap: Winde gooi wal, kenner waarsku

Daar is beslis ’n herlewing in nuwe koronavirusgevalle in die Wes-Kaap, maar die premier en die nasionale minister van gesondheid het nie eenstemmigheid oor die erns daarvan nie.

Terwyl dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, vroeër vandeesweek gepraat het van ’n “styging van 42% die afgelope sewe dae” het Alan Winde, premier, Woensdag gesê “die gemiddelde styging oor die afgelope aaneenlopende sewe dae was 13%”.

Klik hier om die volledige berig te lees.
Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.