Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 211: Jongste syfers: Byna 1 900 nuwe infeksies

Dit is dag 211 van die nasionale staat van inperking weens die Covid-pandemie. 

Hier is die jongste verwikkelinge:

23 Okt. 12:47:40

Covid-19 nie top-10 oorsake van dood

Die Covid-19-virussiekte is nié een van die toptien oorsake van sterftes van mense in September in Engeland nie.

In September in Engeland en Wallis was die meeste mense dood aan demensie en Alzheimer se siekte.

Die koronavirus was in September 19de op die lys waaraan mense die meeste in Engeland gesterf het en in Wallis die 24ste.

Lees meer hier.
23 Okt. 12:21:24

Die Chinese paramilitêre polisie met maskers om die verspreiding van die koronavirus te keer, marsjeer teen trappe af buite die Great Hall of the People in Bejing in China ná 'n seremonie vir die herdenking van China se toetrede tot die Koreaanse Oorlog (1950-1953). Foto: AP

23 Okt. 09:10:36

'n Ampule van Gilead Sciences se Covid-19-antivirale remdesivir.      Foto: Reuters

23 Okt. 08:50:54

FDA keur remdesivir goed

Die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) het die antivirale remdesivir-geneesmiddel goedgekeur vir die behandeling van Covid-19.

Dit is die eerste behandeling vir Covid wat deur die FDA goedgekeur is.

Die BBC berig hoewel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verlede week gesê het remdesivir het bykans geen invloed op 'n pasiënt se kans vir oorlewing nie, het die FDA aangevoer dié middel het gedurende kliniese toetse die hersteltyd gemiddeld met vyf dae verkort.

Die middel is onlangs aan pres. Donald Trump gegee nadat hy die virus opgedoen het. Hy het sedertdien herstel.


23 Okt. 07:41:42

23 Okt. 07:41:36

Dodetal hoogste in 2 maande

Amerika se dodetal weens Covid-19 was Woensdag die hoogste in die afgelope twee maande.

Verskeie Amerikaanse deelstate het Donderdag ook 'n rekordgetal nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, wat verdere bewyse is dat die pandemie opnuut begin versnel terwyl koeler weer oor groot dele van die land voorkom.

Florida het meer as 5 500 nuwe gevalle aangemeld, die hoogste vir 'n enkele dag sedert 15 Augustus.

Volgens Reuters het 28 Amerikaanse deelstate hul daaglikse rekordgetal van nuwe koronavirusgevalle gedurende Oktober aangemeld.

Meer as 40 000 pasiënte word tans landwyd vir die koronavirus in hospitale behandel, wat volgens Reuters se ontleding 'n 33%-verhoging is sedert 1 Oktober.

Verskeie gesondheidsfasiliteite is ook besig om leë spasies te omskep in plekke waar pasiënte vir die die virussiekte behandel kan word.

Meer as 222 000 mense in Amerika is reeds aan die Covid-19-virussiekte dood, wat beteken dit is die land met die meeste sterftes. Amerika het ook een van die hoogste sterftesyfers per capita, veral onder ontwikkelde lande.

23 Okt. 07:36:02

Tsjeggiese Republiek het meeste gevalle per 100 000 mense

Andrej Babis, die Tsjeggiese Republiek se eerste minister, het erken hy en sy regering het foute gemaak met die hantering van die koronaviruspandemie.

Dit kom nadat die nuwe veiligheidsmaatreëls Donderdagoggend in werking getree het wat mense se bewegings beperk. Nie-noodsaaklike dienste en winkels is ook insluit.

CNN berig dié land meld tans die meeste gevalle per 100 000 mense aan, teenoor ander groot lande wêreldwyd, maar Babis het vir weke geweier om strenger inperkingsregulasies in te stel in 'n poging om die ekonomie te red.

Die land het Woensdag bykans 15 000 nuwe gavelle aangemeld.

Babis het by mense gepleit om die strenger inperkingsregulasies te gehoorsaam wat tot 3 November sal geld.

23 Okt. 06:47:00

SA se jongste syfers

Kumulatiewe gevalle: 710 515 teenoor Donderdag se 708 359

Dodetal: 18 843 teenoor Donderdag se 18 741

Herstel: 642 560 teenoor Donderdag se 641 706

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.