Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oorsig: DAG 212: 1 834 nuwe gevalle, 53 sterftes aangemeld
Dit is dag 212 van die nasionale staat van inperking weens die koronavirussiekte. Hier is die jongste verwikkelinge in Suid-Afrika en elders.
24 Okt. 21:12:15

Covid-19-gevalle styg in Mangaung

Dit lyk of mense in die Mangaung-gebied hulle minder steur aan gesondheids- en veiligheidsregulasies sedert die land na vlak 1 van die nasionale inperking beweeg het.

Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die metro, sê beamptes van die metro sien dat al hoe meer mense hulle deesdae nie veel steur aan die regulasies nie.

Hy is veral bekommerd omdat daar brandpunte in Mangaung is wat ernstige aandag moet kry en omdat die getalle van mense wat met die koronavirus besmet is, beslis aan die styg is.

Lees meer hier
24 Okt. 21:11:05

24 Okt. 21:10:35

24 Okt. 20:44:54

714 246 positiewe gevalle, 18 944 Covid-19-sterftes in Suid-Afrika aangemeld

Teen Saterdagaand om 20:29 was daar 714 246 positiewe gevalle van die koronavirussiekte in Suid-Afrika aangemeld. 

1 834 nuwe gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

In dieselfde tyd is nog 53 sterftes aangeteken. Die sterftesyfer in Suid-Afrika is tans 18 944. Tien van die sterftes was in die laaste 48 uur.

24 Okt. 18:47:01

24 Okt. 17:53:56

Personeellede van die Otto-du Plessis-hospitaal toets positief

Agt mediese personeellede verbonde aan die Otto du Plessis-hospitaal in Bredasdorp is positief getoets vir Covid-19. Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het by navraag bevestig vier van die personeellede het vroeër in die week hul toetsuitslae gekry en die ander vier Vrydag.

Lees hier
24 Okt. 15:45:56

24 Okt. 11:15:22

Noord-Korea waarsku teen koronavirus in Chinese stof

Noord-Koreaanse amptenare het inwoners aangesê om binnenshuis te bly omdat ’n seisoenale stofwolk op pad vanaf China die koronavirus aanwaai.

“Soos wat die koronavirus steeds oor die wêreld heen versprei, word dit noodsaaklik om streng maatreëls in te stel in die hantering van die stofwolk,” het Noord-Korea se staatskoerant, Rodong Sinmun, Donderdag berig.

Die bewering dat die virus wat Covid-19 veroorsaak 1 900 km ver vanaf die Gobi-woestyn in China tot in Noord-Korea kan waai, is ongegrond.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beskou twee meter as ’n gesonde afstand om te keer dat die virus tussen mense versprei.  

Noord-Koreane is nietemin gevra om nie onnodig hul huise te verlaat nie. Die dra van gesigmaskers is ook verpligtend.

Noord-Korea het nog geen bevestigde geval van die koronavirussiekte aangeteken nie.   ­– Reuters

24 Okt. 10:29:53

President van Pole positief getoets vir Covid-19

Andrzej Duda, die president van Pole, het positief getoets vir die koronavirussiekte en is tans in kwarantyn, het Blazej Spychalski, minister van die presidensie, Saterdag gesê. 

Duda “voel goed” onder die omstandighede, het Spychalski bygevoeg. 

“Die president is Vrydag positief getoets vir die koronavirussiekte. Hy is oukei. Ons is in voortdurende kontak met die mediese dienste.”

Die nuus van Duda se positiewe toets kom dieselfde tyd as wat Pole streng nuwe beperkings instel om die verspreiding van die virussiekte te probeer bekamp. Pole, nes baie ander Europese lande, beleef tans ’n tweede vlaag van infeksies. 

Pole het Vrydag ’n nuwe rekord in daaglikse infeksies aangeteken, met 13 632 nuwe gevalle. 

Duda (48) beklee hoofsaaklik ’n seremoniële rol in Pole, maar het die mag om nuwe wetgewing te veto. Hy is ’n bondgenoot van die regerende nasionalistiese party, die Wet en Geregtigheid-party. – The Guardian (Foto: Getty Images)

24 Okt. 09:59:15

Europeërs staal hulle vir 2de vlaag van infeksies

Die koronavirus versprei tans selfs vinniger in Europa as die eerste keer toe dit uitgebreek het.

“Die virus sirkuleer vinniger as in die lente,” het die epidemioloog Arnaud Fontanet, wat die Franse regering adviseer, Vrydag gesê.

Frankryk, wat die 1 miljoen-kerf van koronavirusgevalle nader, is een van die lande wat die ergste deur die tweede vlaag van infeksies getref is.

Covid-19-pasiënte beset bykans die helfte van die 5 000 beddens in waakeenhede in Franse hospitale en die gesondheidstelsel verkeer onder groot druk.

Die getal infeksies neem oor Europa heen skerp toe. Die daaglikse getal nuwe bevestigde gevalle het binne tien dae meer as verdubbel. “Ons is almal vreesbevange,” sê Maria, ’n 73-jarige pensioentrekker in Dolny Kubin, Slowakye.

“Ek sien wat gebeur en dit is skrikwekkend.”

België, een van die lande wat die ergste getref is, het sy regulasies oor sosiale kontak tussen mense Vrydag verskerp en ondersteuners belet om sportwedstryde by te woon.

Pole, nog ’n land waar die daaglikse getal nuwe infeksies styg, het beveel dat alle restaurante en kroeë twee weke lank sluit en dat alle openbare byeenkomste tot vyf mense beperk word.

Spanje, wat vroeër vandeesweek die 1 miljoen-kerf van bevestigde gevalle verbygesteek het, het ’n aandklokreël in Castilla, León en Valencia ingestel.

Lees die res van die berig hier.
Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.