Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 216: Frankryk, Duitsland stel noodinperking in
Hier volg die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie, in Suid-Afrika en wêreldwyd.
28 Okt. 22:00:53

Tweede vlaag gaan erger wees as eerste – Macron

'n Staat van inperking geld van Vrydag af upnuut in Frankryk, het pres. Emmanuel Macron Woensdagaand aangekondig.

"Ons is oorweldig deur die tweede vlaag wat erger en meer dodelik as die eerste een gaan wees,” het Macron gesê.

Meer as 36 000 nuwe koronavirusgevalle is die afgelope 24 uur in die land aangemeld.

Mense sal slegs hul huise mag verlaat om te gaan werk, vir mediese redes, fisieke oefening en indien hulle iemand versorg.

Mense moet sover moontlik van hul huis af werk en geen reise word tussen streke toegelaat nie.

Skole en ondernemings wat noodsaaklike dienste en goedere bied, mag wel oop bly.

28 Okt. 21:46:36

28 Okt. 21:31:46

28 Okt. 21:19:15

28 Okt. 21:15:32

28 Okt. 21:13:40

So lyk SA se jongste syfers: 1 863 nuwe gevalle, 58 sterftes 

Nog 1 863 bevestigde gevalle van die koronavirus is teen Dinsdagaand in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die kumulatiewe aantal gevalle in die land op 719 714 te staan. 

Nog 58 sterftes is ook sedert Maandagaand aangeteken. Die sterftesyfer in Suid-Afrika is tans 19 111.

Van die 58 sterftes is 18 in die Oos-Kaap aangeteken, 2 in Gauteng, 3 in die Vrystaat, 12 in KwaZulu-Natal, 7 in Limpopo, 6 in die Noordkaap en 10 in die Wes-Kaap.

Van die 58 sterftes wat vandag aangemeld is, is 16 sterftes die afgelope 24-48 uur aangeteken. Van dié 16 sterftes is 1 in die Vrystaat aangeteken, 2 in die Oos-Kaap, 2 in Gauteng, 2 in KwaZulu-Natel, 2 in Limpopo en 7 in die Wes-Kaap.

28 Okt. 21:06:29

Algerynse president na Duitsland gevlieg

Pres. Abdelmadjid Tebboune (75) van Algerië is volgens die nuusdiens AFP na ‘n hospitaal in Duitsland gevlieg.Tebboune het Saterdag gesê hy gaan in selfisolasie nadat hy in kontak was met iemand wat die koronavirus opgedoen het.

Hy is Dinsdag na ‘n militêre hospitaal in die hoofstad, Algiers, verskuif. Daar was nog geen bevestiging dat Tebboune positief vir die virus getoets is nie.

28 Okt. 20:53:21

28 Okt. 20:36:18

SA het dalk kudde-immuniteit opgebou

Toonaangewende wetenskaplikes in Suid-Afrika is van mening dat die land ‘n vorm van kollektiewe of kudde-immuniteit teen die koronavirus opgebou het nadat die aantal infeksies onverwags ná die groot uitbreking in Junie en Julie gedaal het.

Prof. Shabir Mahdi, ‘n entstofkundige, het aan SkyNews gesê hy is van mening dat ‘n vorm van kudde-immuniteit bereik is in kombinasie met die dra van maskers, sosiale distansiëring en voldoende binnenshuise ventilasie.

Tydens die eerste vlaag van die pandemie het Suid-Afrika op vier na die meeste koronavirusgevalle ter wêreld gehad.

Navorsers het op dié punt na spore van die virus begin soek in die bloedmonsters van swanger vroue en MIV-pasiënte wat by plaaslike klinieke verskaf is.

‘n Viroloog soos dr. Marvin Hsiao was verras om te sien dat gemiddeld 40% van die respondente reeds teenliggaampies begin vervaardig het.

Die meerderheid van die respondente was onbewus daarvan dat hulle reeds besmet is.Voorlopige aanwysings van ‘n soortgelyke studie in Gauteng wys dat ongeveer ‘n derde van diegene van wie se bloedmonsters daar ondersoek is, ook reeds besmet is.

Lees die volledige berig hier.
28 Okt. 20:33:07

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.