So gooi Europa wal teen tweede vlaag infeksies
Met groot dele van Europa wat vasgevang is in die tweede vlaag van
koronavirusinfeksies, het talle groot lande opnuut hul beperkings verskerp.
Luidens die jongste verslag van die Europese sentrum vir siektevoorkoming-enbeheer (ECDC) het Europa nou kumulatief meer as 10,6 miljoen infeksies aangemeld,
met 272 977 mense wat aan Covid-19 dood is.
Die topvyf lande in Europa met die meeste infeksies is Rusland (1 655 038), Frankryk
(1 466 433), Spanje (1 240 697), Brittanje (1 053 864) en Italië (731 588).
In ’n poging om die groeiende tweede vlaag te beperk, het verskeie lande nuwe
beperkings en selfs nasionale inperkings aangekondig.
The Guardian berig baie betogings het intussen in verskeie Europese stede, soos
Brussel, Berlyn, Madrid en Rome, uitgebreek deur mense wat in opstand kom teen
strenger beperkings omdat hulle meen dit maak inbreuk op hul persoonlike vryheid,
en ander wat glo die koronavirus bestaan nie.
Lees hier