Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 241: 2 270 nuwe gevalle in SA aangemeld

Dis dag 241 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 1 met meer as 765 000 kumulatiewe gevalle en meer as 20 800 sterftes. 

Hier is die jongste verwikkelinge:

22 Nov. 23:44:40

’n Gesondheidswerker monitor die asemhalingsmasjiene van Covid-19-pasiënte in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Oelan-Oede in Boerjatië, ’n gebied op die Russiese grens met Mongolië. Dié streek se gesondheidsdienste gaan gebuk onder erge druk omdat al hoe meer mense die virussiekte kry. Foto: AP

22 Nov. 21:32:12

Die leë Bosporus-brug in Istanbul, Turkye, waar ’n gedeeltelike naweek-inperking ingestel is om die verspreiding van die koronavirus te beperk. Foto: Reuters

22 Nov. 21:32:03

Virus versprei nou vinniger, wyer as voorheen in VSA  

Reeds meer as 12 miljoen gevalle van die koronavirus is in Amerika aangemeld.

Kenners sê die virus versprei nou vinniger en wyer in dié land as vantevore.

In die afgelope week is meer as 'n miljoen nuwe gevalle aangemeld.

Volgens die Johns Hopkins-universiteit het 255 823 mense teen Saterdag reeds in dié land gesterf.

Net die gevalle wat in November aangemeld is, is reeds 'n kwart van die totale aantal gevalle en sterftes.

Bykans ál die deelstate het 'n vinnige styging in gevalle aangemeld.

Lees meer hier.

2 270 nuwe gevalle in SA aangemeld

Nog 2 270 gevalle bring die kumulatiewe gevalle in Suid-Afrika op 767 679 te staan.

Nog 58 sterftes bring die dodetal in die land op 20 903 te staan.

In die Oos-Kaap is 28 mense aan die virussiekte dood, in die Vrystaat 13, in Gauteng 8 en in die Wes-Kaap 9.

22 Nov. 19:48:10

5 in Tshwane-burgemeester se kantoor positief

In die afgelope sewe dae is vyf personeellede in die kantoor van Randall Williams, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, positief vir die koronavirus getoets.

Toe die eerste gevalle onder personeellede aangemeld is, het Williams homself laat toets en hy was negatief.

Die Stad Tshwane het luidens ’n verklaring ’n streng plan om infeksies te bestuur en die nodige stappe is gedoen, wat kontak-opsporing insluit.

Diegene wat met die personeellede in kontak was, is aangemoedig om hulself te isoleer en te laat toets.

“Ons dink aan die personeel wat die virus het, en aan almal wat vanjaar daardeur geraak is.”

22 Nov. 18:02:38

Betogers in Berlyn, Duitsland, met ’n banier wat lui: “Ons moet praat.” Streng inperkingsmaatreëls geld in die land om die verspreiding van die koronavirus te beperk. Foto: Reuters

22 Nov. 16:23:18

Mense doen inkopies by die El Rastro-mark in Madrid, Spanje, te midde van die inperkingsregulasies om die verspreiding van die koronavirus te beperk. Foto: Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Randall Williams  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.