Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 244: Dankseggingsdag 'kan moeder van alle verspreidings wees'

Dit is dag 244 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 1 met meer as 770 000 infeksies en meer as 21 000 sterftes.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

25 Nov. 21:21:54

25 Nov. 18:27:50

Covid-19: 'Almal moet nou vasbyt

Lande oor die wêreld heen is desperaat om ’n entstof vir die koronavirus in die hande te kry met die getal infeksies wat Woensdag die 60-miljoen-kerf genader het.

Daar word ook gevrees dat infeksies verder die hoogte kan inskiet met dié dat Amerikaners die naweek Dankseggingsdag vier.

Die getal Covid-19-sterftes in die VSA het Dinsdag tot meer as 2 000 gestyg, die meeste in ’n 24-uur-tydperk sedert die begin van Mei.

Die hoop op ’n suksesvolle entstof, versterk deur Pfizer, AstraZeneca en Moderna, het die wêreld se aandelemarkte ’n hupstoot gegee, maar ’n entstof sal heel waarskynlik nie binne die volgende paar maande in alle lande beskikbaar wees nie.

Lees meer
25 Nov. 16:52:35

Skryf ook maar Spaanse Kersfees op jou maag

Om die vlaag van Covid-19-gevalle te stuit beoog die plaaslike regering van Madrid in Spanje strenger regulasies wat slegs tien mense per Kersviering sal toelaat.

Dit sal ook vir Oujaars- en Nuwejaarsvierings geld.

Verder sal slegs drie huishoudings toegelaat word om saam te kuier.

Boonop sal dit net op dié spesiale dae geld want op enige ander dae mag slegs ses mense op enige sosiale geleentheid byeenkom en niemand mag ná middernag kuier nie.

Die sentrale regering vergader tans met 17 outonome streke in die land oor die Kersplanne, berig The Guardian.

25 Nov. 15:20:34

Dankseggingsdag 'kan moeder van alle verspreidings wees'

Die VSA kan in die weke ná Dankseggingsdag ’n ontploffing in Covid-19-infeksies ondervind omdat miljoene Amerikaners die reisregulasies verontagsaam, het dr. Jonathan Reiner, CNN se mediese ontleder, Dinsdag gesê.

“Die geleentheid kan potensieel die moeder van alle super-verspreidings wees.”

As voorbeeld het hy verwys na die Sturgis-motorfietssaamtrek in Suid-Dakota, wat in die somer gehou is en daartoe gelei het dat mense daar aangesteek het en die virussiekte oor die hele Midde-Weste van die land versprei het.

“Nou stel jou dit voor op 'n massiewe skaal – mense van elke lughawe in die VSA vertrek en die virus met hulle saamdra.”

Reiner het gewaarsku dat die toetse nie altyd toon dat iemand reeds geïnfekteer is nie. Nadat 'n persoon met Covid-19 geïnfekteer is, is die virale RNA ’n dag of twee later nog nie genoeg om in 'n toets opgetel te word nie, het hy gesê. Toetsing as ’n lakmoestoets vir reise sal nie werk nie, tensy die uitslag positief is en die persoon gevolglik by die huis bly, het Reiner gesê.

Hy is ook gekant teen die Kerspartytjies wat vanjaar in die Withuis beplan word.“As daar baie mense op 'n partytjie in die Withuis is, waar kos voorgesit word en mense hul maskers afhaal ... daar is geen veilige manier om dit in die openbaar te doen nie, het Reiner, ’n kardioloog van die George Washington-Universiteit, gesê. “Dít is nóg ’n super verspreidingsgeleentheid,” het hy gewaarsku. “Dit behoort glad nie gedoen te word nie.” – CNN

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.