Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 249: 2 301 nuwe gevalle; Wes- en Oos-Kaap het meeste nuwe sterftes

Dit is dag 249 van die nasionale staat van inperking. Suid-Afrika is op vlak 1 met byna 790 000 infeksies en byna 21 500 sterftes.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

30 Nov. 22:44:25

30 Nov. 22:24:57

30 Nov. 22:22:21

30 Nov. 22:13:19

30 Nov. 22:09:10

Rita Ora sê jammer ...

Die sangeres en liedjieskrywer Rita Ora het op Instagram om verskoning gevra omdat sy inperkingsmaatreëls oortree het met die viering van haar 30ste verjaarsdag.

Ora het die afgelope naweek 'n partytjie in 'n restaurant in Notting Hill, Londen, gehou.

Van die ander celebs by die partytjie was Cara Delevingne en haar suster, Poppy.

Scotland Yard het volgens SkyNews bevestig dat hulle Saterdagaand na 'n adres in Notting Hill uitgeroep is om ’n voorval van die verbreking van die inperkingsmaatreëls te ondersoek.

Ora het onder meer in plasing geskryf dat sy erg verleë is oor haar oordeelsfout.

30 Nov. 21:26:03

Die stand van sake in SA

2 302 nuwe gevalle van die koronavirus is sedert Sondag in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die kumulatiewe gevalle op 790 004 te staan, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandag in 'n verklaring bekend gemaak. 

58 nuwe sterfgevalle (32 in die Oos-Kaap, 5 in die Vrystaat, 3 in Gauteng, 3 in KwaZulu-Natal en 15 in die Wes-Kaap) is ook aangemeld. Die sterftesyfer is nou 21 535. 

30 Nov. 21:22:25

30 Nov. 20:58:45

Lugdienste simuleer vervoer van entstowwe

American Airlines het in November met toetsvlugte van Miami na Suid-Amerika begin ter voorbereiding vir sy rol om die Covid-19-entstof te versprei, het die lugdiens Maandag bekend gemaak.

Tydens die vlugte word die toestande waarin die entstof vervoer word – die termiese verpakking en hanteringsproses – gesimuleer.

Lugdienste spook tans met voorbereidings om die yskoue vervoer- en stoorgeriewe wat benodig word om Pfizer en Moderna se entstowwe stabiel te hou, gereed te kry.

Die Moderna-entstof moet teen -20 °C gestoor word en die Pfizer-entstof teen -70°.

Nog ’n Amerikaanse lugdiens, United Airlines, het reeds met die vervoer van die Pfizer-entstof begin sodat die entstof so gou moontlik versprei kan word wanneer noodgoedkeuring daarvoor toegestaan word, het ’n bron verlede week aan Reuters gesê. - Reuters

30 Nov. 20:49:51

30 Nov. 20:48:54

Fauci maan teen 'vlaag op vlaag' virusgevalle in Amerika

Met die koronaviruspandemie wat amok maak in Amerika en hospitaalstelsels oorlaai, het Amerikaanse amptenare hul landsgenote vermaan om hul reisplanne uit te stel en sosiale geleenthede te vermy.

Hoewel 60% minder mense tydens die tradisionele Dankseggings-langnaweek gereis het, het 1,18 miljoen mense tog die afgelope naweek gevlieg, het die vervoerveiligheidsadministrasie Sondag bekend gemaak.

Dit is die hoogste syfer vir lugpassasier-verkeer sedert middel-Maart vanjaar. Verlede jaar het 2,88 m. passasiers in die land gevlieg.

Dr. Anthony Fauci, voorste kenner oor aansteeklike siektes in die land, het Sondag gesê daar gaan weens sosiale byeenkomste en lugreise die afgelope naweek beslis meer koronavirusgevalle aangemeld word.

Volgens Fauci sal Amerika “vlaag op vlaag” van die virus in die volgende paar weke beleef en hy verwag nie dat die huidige aanbevelings oor sosiale distansiëring voor Kersfees verslap sal word nie. – Reuters en nbc.com

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.