Pandemie is woord van die jaar
Daar is geen verrassing aan die Merriam-Webster-woordeboek se woord van die jaar vir 2020 nie: “pandemie”.
Mense het vanjaar, waarin minstens 1,4 miljoen mense wêreldwyd aan Covid-19 gesterf het, die woord “pandemie” meer as enige ander op die woordeboek se aanlyn platform nageslaan, sê Merriam-Webster op sy webwerf.
“Soms definieer ’n enkele woord ’n era en dit is gepas in hierdie uitsonderlike en uitdagende jaar dat ’n enkele woord dadelik na vore gekom het,” sê die woordeboek se uitgewers.
Merriam-Webster.com definieer ’n pandemie as “ ’n uitbreking van ’n siekte wat oor ’n groot geografiese area heen gebeur (soos veelvoudige lande of vastelande) en tipies ’n beduidende proporsie van die bevolking affekteer.”
Die woord se Griekse wortels is “pan”, wat “alles” of “elke” beteken, en “demos” – “mense”, sê Merriam-Webster.
Die woord het gesorg vir “die enkele grootste toename in navrae vanjaar en het ’n toename van 115,8% getoon oor navrae op dieselfde dag in 2019,” sê die maatskappy, wat in 1831 gestig is.
Verlede jaar se wenner was die woord “hulle”, met verwysing na iemand wat hulself nie as manlik of vroulik beskou nie. V
orige jare se wenwoorde was “geregtigheid” in 2018, “feminisme” in 2017 en “surreëel” in 2016.– Reuters