'Paar maande' voordat kwesbares in Brittanje ingeënt word
Wetenskaplikes het ’n “biologiese joejitsoe” gedoen om ’n entstof teen die koronavirus te skep wat veilig genoem is om op groot skaal toegedien te word, het Boris Johnson, Britse premier, Woensdagaand op ’n mediakonferensie gesê.
Brittanje het Woensdag noodgoedkeuring aan die Pfizer/BioNTech-entstof gegee om landwyd versprei te word.
Die eerste inentings kan reeds so vroeg as aanstaande week aan werkers in versorgingsoorde, gesondheidswerkers, bejaardes en diegene wat klinies kwesbaar is, toegedien word.
Hy het erken daar is uitdagings om die entstof te vervoer en te berg, so dit sal ’n paar maande duur voordat al die kwesbares ingeënt is.
“Ons moet ons verbind tot ons omvattende plan om die virus te onderdruk.”
Johnson het ook die wetenskaplikes en vrywilligers wat aan die kliniese toetse deelgeneem het, bedank.