Solidariteitsfonds bewillig geld vir entstof
Ramaphosa sê die enigste manier om die virus doeltreffend te beveg, is ’n entstof. Verskeie word tans wêreldwyd getoets.
Daar was reeds gesprekke dat geen land agtergelaat moet word om toegang tot die entstowwe te kry as dit beskikbaar word nie. Suid-Afrika is deel van die Covax-inisiatief om entstowwe aan te koop en die Solidariteitsfonds sal R327 miljoen bewillig om die land te help om entstowwe aan te koop.
Totdat ’n entstof beskikbaar is, bly dit elkeen se verantwoordelikheid om hulle teen die virus te beskerm.
Deur maskers te dra, sal ons mekaar kan veilig hou. Ook deur die handhawing van ’n veilige afstand, die vermyding van groot saamtrekke en die was van hande.
Ramaphosa sê hy herhaal dié boodskap, want hy wil hê dit moet insink.