Antwoorde gesoek oor staat se plan met entstowwe
Die burgerregte-organisasie AfriForum en Solidariteit het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, tot 20 Januarie gegee om antwoorde oor die regering se implementeringsplan vir Covid-19-entstowwe te verskaf.
Dit volg nadat dié twee organisasies met regstappe teen Dlamini-Zuma en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, begin het.
Solidariteit sê daar is geen duidelikheid oor of die private sektor, wat volgens wet die reg het om entstowwe aan te koop, enige toegang tot Covid-19-entstowwe sal hê nie.
“Die gevolg hiervan sal wees dat die staat totale beheer sal kan uitoefen en dus ook toegang tot entstowwe sal beperk vir die private sektor, waaronder apteke, mediese fondse en privaat hospitale, en veral dus ook vir die wyer publiek.
”Solidariteit meen die regering het hom die reg toegeëien om die enigste aankoper van entstowwe in Suid-Afrika te wees, het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit-navorsingsinstituut, gesê.
Lees meer