Nuwe rekordsyfers in Portugal
Die hoogste daaglikse aantal koronavirusgevalle sedert die uitbreek van die pandemie verlede jaar is Saterdag in Portugal aangemeld.
10 947 nuwe gevalle is aangemeld, vergeleke met die vorige rekord van 10 698 wat Donderdag aangeteken is.
Die kumulatiewe aantal gevalle in die land is tans 539 416.
Die aantal pasiënte wat in waakeenhede versorg word, het van 16 tot 638 gestyg, volgens data van die regering.
Portugal is een van talle lande wat met die tweede vlaag van die pandemie strenger inperkingsmaatreëls aangekondig het, soos die sluit van winkels wat nienoodsaaklikhede verkoop. – Bloomberg