Covax sal Pfizer-BioNTech se entstof kan kry
Pfizer en BioNTech het ingestem om hul
Covid-19-entstof aan die Covax-inisiatief van die Wêreldgesondheidsprogram te
verskaf, het twee bronne wat vertroud met die ooreenkoms is, gesê.
Die ooreenkoms sal waarskynlik Vrydag bekend gemaak word. Die bronne het met Reuters op
voorwaarde van anonimiteit gepraat.
Besonderhede oor die prys per dosis of getalle dosisse was nie onmiddellik duidelik
nie. Volgens die bronne sal
die besendings taamlik klein wees.
Een bron het gesê die rede vir die beperkte voorraad
is omdat die entstof hoofsaaklik vir gesondheidswerkers in die Covax-lande
bestem is.
BioNTech wou nie kommentaar lewer nie, terwyl
Pfizer nie op versoeke om kommentaar gereageer het nie.
Woordvoerders van die WGO en Gavi-entstofalliansie wou ook nie kommentaar lewer nie. – Reuters