Meer gevalle, meer sterftes in SA
263 sterftes is sedert Maandag se verslag in die land aangemeld, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Dinsdagaand in 'n verklaring bekend gemaak.
Die vorige dag was die getal aansienlik laer op 97. Die sterftesyfer in die land staan nou op 49 413.
Sedert die vorige verslag is 998 nuwe Sars-CoV-2-gevalle aangemeld teenoor die vorige dag toe 792 gevalle aangemeld is. Die kumulatiewe syfer in die land is nou 1 505 586.
Teen Dinsdagaand is 32 315 Suid-Afrikaners reeds ingeënt.