Maatreëls bly noodsaaklik
Namate beperkings gelig word, kan mense nie agteroor sit nie.
Die paar beperkings wat steeds geld, is daar om superverspreidingsgeleenthede te verhoed.
Omdat die nuwe variant makliker versprei, het dit die potensiaal om meer mense te besmet en dit plaas groter druk op ons gesondheidstelsel.
Daarom is dit selfs belangriker om ’n veilige afstand te handhaaf en maskers te dra.
Hy doen ’n beroep op mense om die regering se Covid-19-app af te laai.
Die maatreëls is daar om jouself, jou familie en jou gemeenskap te beskerm.
Die maatreëls moet gevolg word, self al word mense ingeënt.
Entstowwe verlaag die risiko beduidend dat mense ernstig siek word en dit laat ook die voorkoms van infeksies in ’n bevolking daal.
Dit is een van die maatreëls in die Covid-19-gereedskapskis, en is eintlik die doeltreffendste maatreël.