Effek van entstof kan groter in 4de vlaag wees
Dit is onwaarskynlik dat ons kudde-immuniteit sal bereik voordat die derde vlaag van Covid-19-infeksies die land tref.
Entstowwe teen die koronavirus sal waarskynlik ook in ’n vierde vlaag ’n groter effek hê.
So sê kenners nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand gesê het ’n ooreenkoms is onlangs met Johnson & Johnson gesluit om nog 11 miljoen dosisse entstof te kry.
Hiervan sal 2,8 miljoen dosisse in die tweede kwartaal en die res deur die loop van die jaar gelewer sal word.
Tot 20 miljoen dosisse van Pfizer se entstof sal van die tweede kwartaal af in die land aankom en 12 miljoen dosisse word van die Wêreldgesondheidsorganisasie se Covax-inisiatief gekoop.
Prof. Shabir Madhi, wat die Suid-Afrikaanse navorsing oor die AstraZeneca-entstof gelei het en nou hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se fakulteit van gesondheidswetenskappe is, sê die derde vlaag sal waarskynlik in Mei of Junie aanbreek.
“Dit is in die winter, wat beteken dat mense meer binnenshuis bymekaar sal kom. Die kanse vir oordrag is dan baie groter omdat mense waarskynlik vensters weens die koue gaan toemaak en die lug nie sal kan sirkuleer nie. Die virus sal dus in die lug wees.“ - Arisa Janse van Rensburg
Lees meer