Gebrek aan vlugte kortwiek entstowwe na SA
Die aflewering van die laaste besending van 200 000 entstofdosisse vir die Sisonke-studie is weens ’n gebrek aan regstreekse vlugte na Suid-Afrika vertraag.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het dit Donderdag op ’n nuuskonferensie in Soweto bevestig toe hy verskeie inentingsgeriewe in Gauteng besoek het.
Teen Woensdag was sowat 278 909 mediese werkers landwyd met die entstof van Johnson & Johnson (J&J) ingeënt.
Uiteindelik sal 500 000 mediese werkers hiermee ingeënt word.Volgens Mkhize, wat vroeër gesê het dat die laaste besending van 200 000 dosisse Saterdag in Suid-Afrika sou aankom, het hulle intussen uitgevind dat daar voor volgende week geen regstreekse vlugte na Suid-Afrika sal wees nie.
Verskeie lande het weens die 501Y.V2-variant, wat hier in omloop is, reisbeperkings teen Suid-Afrika ingestel.
“Ons verwag dat die finale besending vroeg in volgende week sal aankom,” het Mkhize gesê. - Christiaan du Plessis
Lees meer