Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Só lyk SA se jongste syfers

Dit is dag 386 van die staat van inperking weens die Covid-19-pandemie.

Dr. Zweli Mkihize, minister van gesondheid, sê dit is 'n groot voorreg om die amptelike Covid-19-portaal vir mense van ouer as 60 bekend te stel. Hy nooi alle Suid-Afrikaners in hierdie ouerdomsgroep om van 16:00 af te registreer.

Kliek hier! om te registreer as jy ouer as 60 is. Skakel na portaal: https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/

Registrasies eers van 16:00 af. 

Volg die jongste verwikkelinge hier.

16 Apr. 20:44:39

Jongste syfers in Suid-Afrika

Daar is die afgelope 24 uur 1 425 nuwe infeksies bevestig. Dit bring die totaal op 1 564 355 te staan.

In dieselfde tydperk is nóg 92 sterftes aangeteken. Die sterftesyfer is nou 53 663.

Altesame 1 488 572 mense het al herstel.

16 Apr. 20:39:58

16 Apr. 19:50:44

16 Apr. 19:50:15

16 Apr. 19:16:26

Konsepregulasies vir newe-effekte-fonds bekend

Mense wat beduidende of permanente gesondheidskade weens ’n Covid-19-entstof opdoen, sal eersdaags eise teen die land se newe-effekte-fonds kan instel.

So lui die konsepregulasies vir die fonds wat op 15 April deur die departement van samewerkende regering en tradisionele sake uitgereik is.

Die fonds is verlede week deur dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, bekend gestel en die publiek het tot 19 April kans om voorstelle oor die konsepregulasies te gee.

Dit is die werk van die ministers van finansies en gesondheid om ’n struktuur in te stel oor die vergoeding wat mense vir gesondheidskade sal ontvang. - Arisa Janse van Rensburg

Lees meer
16 Apr. 18:54:33

16 Apr. 18:11:59

16 Apr. 17:12:28

16 Apr. 15:59:27

Inentings in Indië nou stadiger weens tekort

Die pas waarteen inentings in Indië plaasvind, is nou stadiger sedert 'n piek vroeër vandeesmaand bereik is en die jongste infeksiesyfers nuwe rekordhoogtes haal.

Indië, die grootste vervaardiger van 'n koronavirusentstof ter wêreld, het die VSA gevra om 'n verbod op die uitvoer van roumateriaal op te hef.

Adar Poonawalla, uitvoerende hoof van Indië se serum-instituut (SII), het 'n regstreekse pleidooi gerig tot pres. Joe Biden om die verbod op te hef nadat diplomatieke pogings onsuksesvol was. Die verbod is daarop gemik om Amerikaanse entstofvervaardigers te bevoordeel.

Indië ondervind nou self 'n tekort aan entstof nadat die land miljoene dosisse aan ander lande verkoop of gegee het.

Die land het regulasies gewysig om die invoer van entstowwe te bespoedig nadat hulle vroeër hul neuse vir buitelandse produkte soos dié van Pfizer opgetrek het.

Die hoogste infeksiesyfers ter wêreld is vandeesmaand in Indië aangeteken. Indië se totale syfer – 14,3 miljoen – is naas dié van die VSA, die hoogste ter wêreld. – Reuters

16 Apr. 15:15:33

Merkel vra vir bykomende magte teen virus

Angela Merkel het wetgewers Vrydag gevra om bykomende magte vir die regering goed te keur om haar in staat te stel om inperkings en aandklokreëls af te dwing waar infeksiesyfers hoog is. Volgens haar is die meerderheid inwoners ten gunste van strenger maatreëls.

“Die derde vlaag van die pandemie het die land stewig in sy greep,” het Merkel gesê.

“Gesondheidswerkers in waaksale stuur die een noodoproep ná die ander. Wie gaan hul pleidooi ignoreer?”

Haar regering wil hê dat die parlement goedkeuring verleen dat federale owerhede regulasies kan afdwing, selfs indien streeksleiers dit nie goedkeur nie.

Tot dusver was Duitsland huiwerig om ’n drastiese inperking van beweging in te stel.

Sy het in haar toespraak voor die parlement toegegee dat nuwe magte nie ’n oplossing teen die pandemie sal waarborg nie en dat inenting die uiteindelike antwoord is. – Reuters

Meer oor:  Covid-19-Variante  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Entstof  |  Pandemie  |  Inentings  |  Enstof-Newe-Effekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.