Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 404: Skip in Durbanse hawe onder kwarantyn geplaas

Dit is dag 404 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het meer as 1,5 miljoen kumulatiewe koronavirusgevalle en meer as 54 000 sterftes.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

04 Mei 21:45:05

04 Mei 21:13:35

Skip in Durbanse hawe onder kwarantyn geplaas

Transnet se nasionale haweowerheid (TNPA) het Dinsdag gesê dat 14 bemanningslede van ’n Filippynse skip, die Eaubonne, positief vir simptome van Covid-19 getoets is en dat die vaartuig onder kwarantyn geplaas is.

Die skip het Sondag ná ’n reis van 17 dae vanaf Indië in die Durbanse hawe vasgemeer.

TNPA het luidens ’n verklaring gesê dat alle bemanningslede van die skip by sy aankoms vir die koronavirus getoets is.

Die vaartuig is tans onder kwarantyn nadat 14 bemanningslede tekens van die virus getoon het.TNPA het ook die dood van die skip se ingenieur, wat aan ’n hartaanval dood is, bevestig.

Kontak-en-opsporing van bemanningslede is reeds onderneem om die moontlike verspreiding van die virus te voorkom. Lede van die eenheid vir hawegesondheid het aan boord gegaan om na die bemanningslede om te sien.

04 Mei 20:40:00

04 Mei 20:36:21

Jongste syfers

Daar is teen Dinsdagaand altesame 1 586 148 bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika aangemeld. 1 187 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur aangeteken.

Daar was 59 sterftes die afgelope 24 uur. Dit stoot die sterftesyfer op tot 54 511.

Altesame 1 509 656 mense het al herstel. Die herstelkoers is 95%.

04 Mei 20:29:54

04 Mei 19:49:47

04 Mei 19:42:11

Regering stel gerus oor Indiese variant in SA

Die regering het sy maatreëls verskerp in ’n poging om te verhoed dat die gevreesde Indiese variant van die koronavirus in Suid-Afrika posvat en versprei.

Die B.1.617-variant is op die internasionale radar omdat dit moontlik bydra tot die verwoestende vlaag van infeksies wat tans in Indië ondervind word.

Hoewel die variant intussen na verskeie ander lande versprei het, het dr. Lwazi Manzi, woordvoerder van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Dinsdag in ’n stemboodskap gesê dat die variant nog nie plaaslik aangemeld is nie.

“Ons wil die publiek ook verseker dat daar geen regstreekse vlugte vanaf Indië na Suid-Afrika is nie,” het Manzi gesê.

Die regering het wel die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 gevra om ’n aanbeveling te maak oor moontlike ekstra maatreëls rakende reisigers na Suid-Afrika.

Tans moet reisigers van die buiteland ’n negatiewe toets vir die koronavirus kan lewer wat nie ouer as 72 uur is nie. - Christiaan du Plessis

Lees meer
04 Mei 18:16:42

Skole: Departement gaan niemand dwing om entstof te ontvang

Die departement van onderwys gaan nié onderwysers, leerlinge of ouers dwing om die entstof teen die koronavirus te kry nie.

AfriForum het Maandag duidelikheid van die departement gevra oor ’n stelling in ’n verklaring van die departement dat daar van ouers en voogde van leerlinge vereis sal word om te registreer as deel van die gesondheidsdepartement se beplande inentingsprogram.

Die verklaring is uitgereik voor die aanvang van die tweede skoolkwartaal wat Maandag begin het. Luidens die verklaring is die departement besig om voor te berei vir die fase van die inentingsprogram waar mense van ouer as 60, diegene wat ’n hoë risiko het om die virus op te doen, en noodsaaklike werkers, ingeënt word.

Dit sluit volgens die departement onderwysers in.

Die verklaring lui dan: “Ouers en voogde van leerlinge sal vereis word om te registreer as deel van die voorbereiding vir die inentingsprogram wat sal begin op ’n datum soos bepaal deur die gesondheidsdepartement.”

Volgens Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, is die organisasie nie gekant teen die toediening van die entstof nie. - Eugenie Gregan

Lees meer
04 Mei 16:46:37

Wes-Kaap help ouer mense om vir entstof te registreer

Die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid het gemeenskapsgesondheidswerkers Maandag en Dinsdag ingespan om Kaapstad se ouer inwoners van deur tot deur te help om hulle vir die inentingsprogram te registreer.

Die inisiatief deur die LUR, dr. Nomafrench Mbombo, is deel van die Wes-Kaap se voorbereidings vir die tweede fase van die program.

Dit is Maandag in die Ruyterwacht-daghospitaal begin. Hulp om te registreer is ook Dinsdag in die Durbanville-gemeenskapsentrum en op die taxi-terminus verleen.

Lees die hele berig hier.
04 Mei 16:41:04

Gauteng: Styging in syfers nog nie rede tot kommer

Die Gautengse regering is bekommerd oor provinsiale koronavirusgevalle wat styg, maar kenners meen meer data is nodig voordat spoke oor ’n derde vlaag van infeksies opgejaag word.

Die provinsiale gesondheidsdepartement het Maandagaand in ’n verklaring gesê hy is veral bekommerd oor stygende getalle is Sedibeng, Pretoria en Johannesburg.

Prof. Bruce Mellado, hoofmodelleerder van die Gautengse Covid-19-bevelsraad, sê die situasie is uiters “broos".

Lees die hele berig hier.
Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.